praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Dinsdag, 09. Maart 2010

Bygewerk op:12:25:53 PM GMT

Jy is hier: Vermaak TV
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
Aantal kere gelees: 3512

TV

'Derrick' sterf op 85

E-pos Afdruk PDF

Image
Horst Tappert (middel) in 'n toneel uit 'Derrick'
’n Duitse akteur wat wêreldwyd bekend was, is die afgelope naweek op 85-jarige leeftyd oorlede. Hy was Horst Tappert oftewel Stephan Derrick, wat die rol van ’n Münchense hoofinspekteur gespeel het in die misdaadreeks Derrick. Dit is in sowat honderd lande uitgesaai, onder meer Suid-Afrika, en was geweldig gewild.

Talle Afrikaanssprekendes het Vrydagaande geboei gekyk na die speurvernuf van die speurder wat so vaderlik gelyk het, en bygestaan is deur ’n jonger polisieman Harry Klein.

Die gewese SAUK het die reeks voortreflik in Afrikaans oorgeklank. Dit is soms afgewissel met ’n ander oorgeklankte Duitse reeks Misdaad (Tatort).

Tussen 1974 en 1997, toe Horst uitgetree het, is 281 aflewerings van die reeks gemaak.

Laas Opdateer op Dinsdag, 16 Desember 2008 05:01