Luidens ’n persverklaring gaan Bok van Blerk vier liedjies sing vir die wedstryd tussen die Springbokke en die Engelse rugbyklub Saracens.
Hy is genooi om Dinsdag in die Wembley-stadion op te tree, voor die wedstryd. Dit is die Springbokke se enigste wedstryd in Londen op hul Europese toer.
“De la Rey”, “Ons Vir Jou Suid-Afrika”, ’n Engelse liedjie wat nog geheim gehou word, en ook Saracens se klubliedjie “Stand Up For the Saracens”.
Volgens Van Blerk is “Ons Vir Jou Suid-Afrika” die liedjie wat die Springbokke in die kleedkamer en op die toerbus voor ’n groot wedstryd sing.
Van Blerk en sy orkes vertrek Donderdag en tree ook Saterdag by die Aardvarkkroeg in Londen op. Hulle keer op 18 November terug na Suid-Afrika, waarna ’n toer na Namibië en die Kaap sal afskop.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





