Jy is hier: Vermaak Musiek PRAAG-soir?e met Malcolm Nay, Zanta Hofmeyr en Heleen du Plessis

PRAAG-soir?e met Malcolm Nay, Zanta Hofmeyr en Heleen du Plessis

E-pos Afdruk PDF

Image
Zanta Hofmeyr en Malcolm Nay
Die redaksie van praag.co.za bied eerskomende Saterdagaand 19 September om 19.00 'n soirée aan met kamermusiek deur Dmitri Sjostakowitsj, gespeel deur die Musaion-trio. Dié trio bestaan uit drie van Suid-Afrika se beste en beroemdste klassieke kunstenaars: Malcolm Nay (klavier), Zanta Hofmeyr (viool) en Heleen du Plessis (tjello). Stuur so gou moontlik 'n e-pos aan musiek[by]praag.co.za indien u dit wil bywoon.

Die Musaion-trio (Malcolm May, klavier, Zanta Hofmeyr, viool en Heleen du Plessis, tjello) bestaan sedert 2002 en het landwyd en internasionaal bekendheid verwerf. Hulle optredes sluit in die Internasionale Kamermusiekfees in die Baxter, Kaapstad, Unisa-kamermusiekfees, Brahms-fees by UP, Rachmaninof-fees by die Universiteit van Stellenbosch en die Grachte-fees in Amsterdam , Nederland .

Ná ‘n periode van vier jaar se verblyf en verdere nagraadse studie by die Peabody Institute, van die John Hopkins Universiteit in die VSA, is die tjellis, Heleen Du Plessis terug in SA  en hervat die trio vanjaar weer hul bedrywighede  as kamermusiekensemble.

Die trio is in die verlede beskryf as “die voorste in die land” met lede wat elk individueel as soliste, gesamentlik ‘n ideale kombinasie vorm. Die twee gaskunstenaars wat saam met die trio optree is: Jacques Fourie (viool) en Elmarie van der Vyver (altviool).

Saterdagaand se program, wat aan huis van Dan en Karin Roodt gespeel word, is gewy aan kamermusiek deur die Russiese komponis, Dmitri Sjostakowitsj.

Dmitri Shostakowitsj Klavier Trio no. 2 op. 67

Andante-Moderato
Allegro non troppo
Largo
Allegretto (25 minute)

Dmitri Shostakowitsj Klavier Kwintet Op.57

Prelude
Fugue
Scherzo
Intermezzo
Finale (35 minute)

Dmitri Shostakowitsj Klavier Trio Op. 8 nr. 1

(10 minute)

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: