praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 25. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Vermaak Musiek 'Jackson 'n inspirasie'

'Jackson 'n inspirasie'

E-pos Afdruk PDF

Oud-president Nelson Mandela het blykbaar sy jare in die gevangenis oorleef danksy die feit dat hy voortdurend aan Michael Jackson gedink het. Hy het tydens ‘n ekslusiewe onderhoud met 'n Deense tydskrif in 2005 gesê die wit swartikoon bly vir hom steeds ‘n inspirasie.

“As ‘n mens agter tralies sit, dan vind ‘n mens krag op enige manier,” het die afgetrede president gesê. “Persoonlik het ek my krag van Michael Jackson geput.”

Madiba se emosionele krag het gekom daarvan om Jackson se plateloopbaan te volg. “Dit het baie moed geverg om die Jackson Five te los en ‘n sololoopbaan te begin, “ het hy gesê. “Ek het by myself gedink, as hy die moed het om dit te doen, kan ek ook die wil hê om aan te gaan.”

As hy nie aan Michael Jackson dink nie, dink Mandela aan Martha Stewart en put krag uit haar lewe. Jackson het in 1999 'n skenking aan die Nelson Mandelakinderfonds gemaak en in ruil daarvoor 'n toekenning ontvang.
 
Jackson is Donderdag op die ouderdom van 50 aan 'n hartaanval oorlede.

Tydens Jackson se hofsaak wat gevolg het op verskeie klagtes van molestering, het hy destyds in 'n radio-onderhoud met eerwaarde Jesse Jackson gesê hy het krag uit twee swart mense se verhale geput, naamlik dié van Mandela en Mohammed Ali.

Albei mans was volgens Jackson onskuldig aangekla net soos hy.

 

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: