Suid-Afrikaanse films sal ook by hierdie jaar se Cannes filmfees te siene wees. Twee van die films is Triomf van Michael Raeburn, 'n filmweergawe van Marlene van Niekerk se roman, en Zimbabwe van Darrell Roodt.
Gaste sluit in die direkteur van die Durbanse Internationale Filmfees Nashen Moodley; filmmakers Ramadam Suleman en Christoph Ebner; vervaardigers Angelita Mills, Kgomotso Matsunyane, Bridget Pickering en Jean-Xavier Dubois.
Die fees, wat in 1948 begin is, is een van die oudste en mees invloedryke internasionale feeste ter wêreld.
| < Vorige |
|---|





