praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Sunday, 05. February 2012

Bygewerk op:05:27:19 AM GMT

Jy is hier: Vermaak Flieks
Flieks
Die fliek wat niemand nog gesien het nie, wen PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur praag   
Maandag, 08 Maart 2010 17:43

Die eerste vrou wat met die gesogte toekenning, Hollywood se topprys vir regisseurs wegstap, is Kathryn Bigelow.

Sy is ook toevallig die voormalige eggenote van James Cameron, regisseur van die gewilde en insgelyks benoemde Avatar.

Drudgereport het die film beskryf as 'n fliek wat niemand nog gesien het nie.

Bigelow het 'n Oscar losgeslaan vir The Hurt Locker, vir die beste rolprent en rolprentteks.

Die rolprent handel oor die oorlog in Irak.

"Dit is werklik...Daar is nie 'n ander manier om dit te beskryf nie, dit is die oomblik van 'n leeftyd," het 'n oorstelpte Bigelow gesê.

Sy het gesê sy wil die toekenning opdra aan die mans en vroue in die weermag wat daagliks hul lewens in Irak, Afganistan en regoor die wêreld in gevaar stel. "Mag hulle veilig huis toe kom."

Die Suid-Afrikaansgebore regisseur Neill Blomkamp van District 9-faam moes met leë hande wegstap.

 
District 9 vir Oscar benoem PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur praag   
Woensdag, 03 Februarie 2010 09:05

District 9, die Suid-Afrikaansgebore Neill Blomkamp se meesterstuk, het ’n Oscar-benoeming vir beste rolprent gekry.

District 9 is op die lys vir beste flieks saam met The Hurt Locker en Quentin Tarantino se Inglourious Basterds asook James Cameron se treffer Avatar.

Avatar het glo al Titanic se kykergetalle verbygesteek.

Blomkamp se rolprent, wat in Suid-Afrika verfilm is, het altesame vier benoemings gekry. Dit sluit visuele toertjies, draaiboekverwerking en redigering in.

Invictus, die rugby-propagandafilm, het twee benoemings gekry met Morgan Freeman as beste akteur en Matt Damon as beste byspeler.

Vanjaar is die eerste keer na meer as 'n halwe eeu, dat tien flieks weer meeding met mekaar eerder as vyf.

Ander rolprente wat om die kroon vir 2009 se beste prent meeding, is: An Education, The Blind Side, Precious: Based on a Novel by Sapphire, A Serious Man en Up in the Air.

 
Hollywood val nou apartheid teen "die wesens" aan PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Kyle Bristow   
Maandag, 20 Julie 2009 09:04

Image
Hollywood het in die onlangse tyd gereeld van Afrikaners en wit Suid-Afrikaners gebruik gemaak in skurkrolle. Nou kom daar 'n nuwe rolprent wat oor "diskriminasie teen buiteaardse wesens" gaan en waarin blanke Suid-Afrikaanse mans weereens as die hardvogtige rassiste uitgebeeld word.

Laas Opdateer op Maandag, 20 Julie 2009 10:08
Lees meer...
 
<< Begin < Vorige 1 2 3 Volgende > Einde >>

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL