praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Vermaak Boeke Beeld van wit dogtertjie moet boek oor swart tiener verkoop

Beeld van wit dogtertjie moet boek oor swart tiener verkoop

E-pos Afdruk PDF

Justine Larbalestier, 'n wit Australiese skryfster, het uitgevind toe sy haar boek aan Bloomsbury-uitgewery voorgelê het, dat swart mense op boekomslae nie verkoop nie. Haar boek vir jong volwassenes, Liar, handel oor 'n swart dogtertjie Micah wat graag wil ophou om leuens te vertel.

Die uitgewer het, tot die ontsteltenis van die skrywer, die beeld van 'n wit dogtertjie op die omslag gebruik. Die omslagkeuse het die geloofwaardigheid van haar werk ondermyn, sê sy.

Larbalestier het intussen verneem dat feitlik alle uitgewers verkies om nie swart mense op boekomslae te gebruik nie omdat dit nie verkoop nie. Skrywers vertel trouens dat boeke met swartes op die omslag dikwels nie in dieselfde rakke uitgestal word nie, maar in 'n afsonderlike afdeling geplaas word, indien die boekwinkels nog enigsins sulke boeke aanvaar.

In Larbalestier se eie woorde is die hoofkarakter 'n "baie geloofwaardige" swart kind wat 'n kompulsiewe leuenaar is. Sy sê sy het baie hard gewerk aan die grondslag van die boek, naamlik 'n karakter wat die deursnee swart Amerikaanse tiener verteenwoordig.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: