praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Vermaak Boeke Suid-Afrikaner ook benoem vir Australasiese skrywerskompetisie

Suid-Afrikaner ook benoem vir Australasiese skrywerskompetisie

E-pos Afdruk PDF
Image

J M Coetzee, Nobelpryswenner in 2003
Die Nobelpryswenners, J M Coetzee en Japan se Haruki Murakami se name is Vrydag op die lys geplaas vir Australië se grootste prys vir fiksieskryfwerk.

Die onlangse deelnemer vir die Bookerprys, Michelle de Kretzer en bekende Australiese skrywers David Malouf en Janet Turner Hospital se name is ook op die lys vir die Australië-Asië Literêre toekenning, wat 110 000 Australiese dollar werd is, geplaas.

Die toekenning is vir ‘n fiktiewe werk deur ‘n skrywer wat in Australië of Asië woon. Ook vir werke wat hoofsaaklik handel oor Australië en Asië, en wat in druk verkeer of elektronies uitgegee word.

Coetzee, wat twee keer die Bookerprys gewen het, het ook die 2003-Nobelprys vir literatuur gewen het, is vir sy werk “Diary of a bad year” genomineer.

Hy is in Suid-Afrika gebore en woon nou in Adelaide, nadat hy in 2006 burgerskap daar verkry het. Volgens hom het hy baie versigtig gedink oor die trek na Australië, maar hy is baie gelukkig daar.

Die wenner vir die groot prys sal op 21 November aangekondig word, en word beoordeel deur Peter Craven van Melbourne, Kamila Shamsie, die Pakistanies gebore skryfster en Nury Vittachi, van die Asiese Literêre liggaam.

Met die aankondiging van die kompetisie in April, het Alan Carpenter, die Australiese premier op daardie tyd gesê hy hoop dat die kompetisie kan groei na iets soortgelyks aan die Booker- of Pulitzerpryse vir literatuur. Volgens hom is dit ‘n relatiewe klein geldprys, maar in terme van literêre toekennings oor die wêreld heen is dit groot.           


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: