praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Tegnologie Wetenskap CERN se atoomversneller skop af

CERN se atoomversneller skop af

E-pos Afdruk PDF

Die wêreld se kragtigste atoomversneller sal vandag op 10 September 2008 aangeskakel word vir 'n eksperiment wat 20 jaar sal duur om die geheime van die heelal te ontsluit.

Reusagtige magnete wat afgekoel sal word na temperature wat kouer is as in die buitenste ruim sal 'n straal protone teen byna die spoed van lig afvuur in 'n ondergrondse tonnel van 27km lank wat onder Geneva, Switserland, gebou is.

Alhoewel dit aangeskakel word sal dit nog etlike weke duur voordat wetenskaplikes by die Europese Organisasie vir Kernnavorsing - wat as CERN soos die Franse afkorting lui, bekendstaan - ook die straal in albei rigtings stuur in die buis.

Die botsing van die twee protonstrale sal op 'n subatomiese vlak intense energie naboots wat 'n miljoenste van 'n sekonde ná die Groot Knal onstaan het om ons heelal 14 miljard jaar gelede te skep.

Sensors so groot soos katedrale is aangebring om enige spoor van nuwe elemente wat by só 'n botsing kan ontstaan, op te vang. Dit sal bestaande teorieë toets en dalk nuwe kragte en verborge dimensies van tyd en lig ontbloot.

Die versnellerbuis, sê fisici, is 'n ontdekkingsmasjien. Hulle weet nie wat hulle daarbinne gaan ontdek nie. Die VSA het 1 200 wetenskaplikes wat deelneem aan die projek uit 9 000 geleerdes uit 80 lande. Rusland en Indië neem ook deel. Die VSA het in 1993 hulle eie superversnellerprojek laat vaar.

Die eerste eksperiment sal wees om die Higgs Boson partikel te ontdek. Peter Higgs, 'n Britse fisikus, het die bestaan van die partikel wat massa aan materie gee 40 jaar gelede gepostuleer. Prof. Higgs wat volgende jaar 80 word, sê hy hoop hy was reg.

Nobelpryswenner Stephen Hawking van Cambridge Universiteit het CERN se kategoriese verwerping dat mikroskopiese swart gate deur die versneller geskep sal word  heeltemal ondersteun deur sy teoretiese modelle.

'n Veiligheidsoorsig wat verlede week die lig gesien het, het die versnellerbuis, veilig verklaar. Robert Aymar, Cern se direkteurgeneraal, sê die buis hou geen risiko in nie en enige beswaar daarteen is gegrond op suiwer fiksie.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: