praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Tegnologie Wetenskap Neanderdallers het geneties van die mens afgesplinter

Neanderdallers het geneties van die mens afgesplinter

E-pos Afdruk PDF
Image

Rekonstruksie van 'n Neanderdaller
Stringe DNS wat van die gefossileerde dybeen van 'n Neanderdaller verkry is, toon dat hulle van die moderne mens afgesplinter het.

Die 38 000-jarige been is in 'n grot in Windija, Kroasië ontdek.

Navorsers by die Max Planck-instituut in Duitsland het die hele hele DNS-ketting gelees en teruggevoer na die moeder van alle Neanderdallers.

Die span het streng verskillende gene teenoor moderne mense gevind, wat suggereer dat Neanderdallers nooit, of net by uitsondering, met die vroeë mense geteel het.

Die spesie het waarskynlik in Europa rondom 30 000 jaar gelede uitgesterf, nie lank ná die aankoms van die vroeë mense nie.

Neanderdallers was kort en bonkig en goed aangepas vir 'n koue klimaat. Hulle breine was gemiddeld groter as dié van moderne mense.

Die span het 4% van die Neanderdal se hele genetiese kode gelees en hoop om die volledige ketting teen die einde van die jaar te voltooi.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: