praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Tegnologie Wetenskap 'n Ysvrye Noordpool?

'n Ysvrye Noordpool?

E-pos Afdruk PDF
Image

Wetenskaplikes met aansien is besig om te waarsku dat die Noordpool teen die somer van 2013 ysvry kan wees.

Soos wat storms oor Alaska se Beaufort-see warm lug in die poolstreek begin intrek, toon satellietbeelde dat ysspitse vinniger as ooit tevore begin disintegreer.

Verlede jaar het meer as 'n miljoen vierkante kilometer gedurende die somer as gevolg van aardverwarming gesmelt.

Wetenskaplikes sê dat 2008 nog die ergste jaar op rekord mag word wat die ysbedekking oor die Noordpool betref en dat dit so vinnig gebeur dat rekenaarmodelle nie eens kan byhou nie.

Die verlies aan see-ys in die Noordpool kan grootskaalse weerkundige, omgewings- en ekologiese gevolge hê.

Sonder die afkoeleffek daarvan, gaan weerpatrone in die noordelike halfrond erg vesteur word, waaronder storms wat oor Brittanje kan woed.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: