praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Sunday, 05. February 2012

Bygewerk op:05:27:19 AM GMT

Jy is hier: Tegnologie Wetenskap

Wetenskap

Groen: Paaie vir kragopwekking?

E-pos Afdruk PDF

Kan teerpaaie – en in die geval van Suid-Afrika teerpaaie vol slaggate – dalk binnekort iets van die verlede wees en vervang wees deur supersterk sonkragpanele?

Beslis, as Solar Roadways in die VSA sy sin kan kry. In Februarie vanjaar is ‘n prototipe van so ‘n pad gebou, na die maatskappy ‘n skenking van $100 000 van die Amerikaanse departement van Vervoer gekry het.

Nie alleen gaan die spasie wat paaie opneem in reuse-sonkragsentrales omskep word nie, maar dit kan soos ‘n digitale skerm gebruik word. Word die pad deur ‘n motorongeluk versper, kan ‘n waarskuwingsboodskap op die pad self geflits word om aankomende verkeer lank voor aankoms op die toneel te waarsku. Die pad kan ook aankomende verkeer oor wild en voetgangers op die pad waarsku, en met passe wat toesneeu, is daar ook goeie nuus. Die paaie kan effens verhit word, en die sneeu smelt.

Baie padverf kan ook gespaar word deur die lyne elektronies te “verf” en wat veral in die nag helder sigbaar sal wees.

Die gedagte is dat die paaie van supersterk materiaal gemaak word, wat deur die kragopwekkingsvermoë uiteindelik sy eie koste betaal. Die moontlikhede raak dan eindeloos, soos om ook huise se inrypaaie hiervan te maak, asook parkeerterreine en dorpsparke se loopoppervlaktes.

Die sonkragpad bestaan uit drie lae, naamlik die padoppervlaklaag. Terwyl dit die swaarste en rofste verkeer denkbaar kan hanteer, laat dit tog die sonlig deur na die sonkragselle. Volgens die ontwikkelaar kan die pad reeds vrag van 40 ton dra wat teen meer as 130 kilometer per uur reis.

Die tweede laag is die elektroniese laag wat ook deur ‘n mikroprosseseerder ondersteun word, en ‘n basislaag waarin die krag ook versprei word.

‘n Groot del van die argument is dat dit nie net die aanvraag na ru-olie en steenkool as kragbronne verminder nie, maar ook aan boumateriaal. So ‘n bedryf sal ook baie werksgeleenthede skep.

Skeptici is daar ook. Van die besware wat geopper word is dat die maatskappy wat dit ontwikkel klein is, en in Idaho gesetel is. In korporatiewe Amerika is dit eintlik ondenkbaar dat so iets erkenning kan kry deur so groot te dink. Die koste om die VSA met dié paaie uit te rus word op $35 Amerikaanse triljoen geskat. ‘n Paneel van ongeveer 3 en half meter by 3 en ‘n half meter (12 voet X 12 voet) kos sowat $7 000. Net om dit te vervaardig gaan 2,5 miljoen werksgeleenthede in die VSA skep, wat dit die grootste werkverskaffer in Amerika sal maak.

Die kritici meen dit sal veel meer sin maak om die panele op huise se dakke en ander onbenutte plekke te plaas waar daar nié voertuie ry wat dit gedaan kan ry nie, en dan is daar boonop kragnetwerke aanwesig waarby dit aangehaak kan word. Maar selfs die grootste kritici meen dit is die moeite werd om die webtuiste te gaan besoek. (‘n Vergrootglas om die skakels na subbladsye te kan lees sal dalk handig wees).

Laas Opdateer op Dinsdag, 14 September 2010 15:49

Besige aardbewingjaar – word hulle meer en erger?

E-pos Afdruk PDF

Christchurch-aardbewingWord aardbewings al hoe meer? Indien wel, hoekom?

Die aardbewing van magnitude 7 wat Nieu-Seeland se tweede grootste stad, Christcgurch op 3 September 2010 geskud het, het immers in dieselfde jaar voorgekom as wat Haïti se hoofstad deur ongeveer net so ‘n sterk aardbewing in puin gelê is, en Chili deur ‘n regtige grote getref is - 8,8 en die vyfde grootste sedert 1900. Die vraag sal dus nie onvanpas wees nie.

As na die statistiek vir ernstige aardbewings sedert 2003 gekyk word, wil dit tog voorkom asof aardbewings van meer as magnitude sewe op die Richterskaal aan die toeneem is. Vanjaar is reeds 15 van meer as sewe geregistreer, en een van bo agt. – ‘n totaal van 16 net oor die jaar se halfpadmerk.

Slegs in 2007, in die tydperk sedert 2003, was daar meer sulke aardbewings in een jaar. Toe het 13 aardbewings van sterker as sewe voorgekom, en ‘n yslike vier van bo agt.

Omdat aardbewings deur verskillende skale gemeet word, gaan van die syfers wat van die Amerikaanse USGS verkry is, dalk vreemd klink. Die media gebruik gewoonlik – en dikwels verkeerdelik die Richterskal, wat eintlik vir medium-sterkte aardbewings geskik is. Omdat dit hier oor die werklike sterk aardbeweings handel, word die term magnitude gebruik wat ook deur die USGS gebruik word.

Hiervolgens was die grootste in dié tydperk die bielie van 9 (die tweede sterkte ooit gemeet, en bronne dui dit as tussen 9 en 9,3 aan) wat ook die verwoestende tsunami ontketen het wat verskeie lande aan die Asiatiese kus die dag na Kersfees 2004 getref het. Ironies was dié jaar besonder stil aan groot aardbewings, en slegs 6 van bo sewe, een van bo agt, en die bielie self is di é jaar gemeet.

In 2003 was daar 13 bo 7, en een bo agt.

2010

=7+

15 teen 4 Sept

=8+

1

=9+

 

2009

 

13

 

1

 

 

2008

 

12

 

 

 

 

2007

 

13

 

4

 

 

2006

 

8

 

2

 

 

2005

 

9

 

1

 

 

2004

 

6

 

1

 

1

2003

 

13

 

1

 

 

 

Om statistiese afleidings te maak kan gevaarlik wees, veral as ‘n mens min van geologie en veral plaattektonika weet. Die tabel hierbo kan ook misleidend wees, aangesien dit byvoorbeeld nie aardbewings van 6,9 (vanjaar was daar reeds vier van dié sterkte) aandui nie, wat veel, veel sterker as ‘n aardbewing van 6 is. (‘n Aardbewing van argumentsonthalwe 4 is tien keer sterker as een van 5).

Tog het amateur-voorspellers reeds artikels op die internet begin plaas om uit statistiese gegewens die vraag te begin vra of die Kaliforniese grote, wat by voorbaat as “the Big One” bekend staan, nie op hande kan wees nie.

Aardbewings wat nie naastenby die tabel hierbo haal nie omdat hulle te swak was, het byvoorbeeld vanjaar reeds in Oos-Kanada en by Washington voorgekom, areas wat nie besonder bekend is vir hul aardbewings nie.

Die feit is dat daar reeds vanjaar ‘n grote op die San Andreas-fout was, maar in die yl bevolkte Meksikaanse gedeelte van Baja California, en het 7,2 gemeet. Was die episentrum by San Francisco of Los Angeles kan ‘n mens jou maar net die gevolge indink.

Die amateurs baseer hul voorspellings eerder op die konsep dat aardbewings op een plek se skokglowe ‘n opgeboude spanningsvlak in ‘n ander “losskud” en aardbeweings dwars oor die wêreld mekaar soos kantelende domino’s volg. Dit staan as die “knock on”-effek bekend. Hiervolgens, so lyk dit, was die “Bog One” reeds van vroeg vanjaar af te wagte.

Bloot statisties beskou, kan uit die tabel hierbo afgelei word dat ‘n stiller tyd, soos 2004, beteken dat spanning ongewoon hoog opbou, en dat katastrofies “losspring” wanneer dit die dag wel meegee, soos die grote van 26 Desember 2004. Die jaar 2004 het ‘n totaal van 8 grotes gehad, 2005 10, en 2006 ook tien, voor 2007 met ‘n yslike 17 losgetrek het, met 4 wat bo agt gemeet is.

Die manier waarop die data aangebied word is egter te gebrekkig om sulke afleidings met stelligheid te maak.

Nog ‘n manier is om te probeer kyk of daar sedert die jaar 1900 ‘n neiging is dat die grootste aardbewings nader aan ons tyd voorkom.

Die Sumtra-aarbewing het magnitude 9,3 gemeet, terwyl die sterkste wat gemeet is, 9,5 was toe ‘n aardbewing in 1960 Valdivia in Chili getref het. Dit is die ergste aardbewing wat nog aangeteken is, maar ander groot aardbewings in hierdie artikel vermeld is slegs dié wat sedert 1900 voorgekom het.

Die derde grootste aardbewing was in 1964 in Alaska toe 9,2 gemeet is.

Die vierde grootste het in 1952 in die ooste van Rusland voorgekom, en 9 gemeet.

Die jongste grote, dié in Chili vanjaar, het 8,8 gemeet, dieselfde as ‘n aardbewing in 1906 Ecuador geskud het.

In 1965 het ‘n aardbewing van 8,7 eilande digby Alaska geskud.

In 2005 het nog ‘n grote by Sumatra voorgekom en 8,6 gemeet.

In 1950 is Tibet en omstreke deur ‘n aardbewing van 8,6 getref.

Eilande by Alaska was in 1957 weer aan die beurt met ‘n skudding van 8,6.

In 2007 is Sumatra weer geskud, dié deur ‘n aardbewing van 8,5.

Hoewel die aardbewing in Haïti uiteindelik waarskynlik ‘n dodetal van sowat 300 000 sal oplewer, tel dit met ‘n meting van 7 nie onder die werklike grotes nie. Trouens, die geringste aardbewing onder die grotes, dié van 8,5 in 2007 by Sumatra, was ongeveer 50 keer hewiger. Selfs ‘n betreklik onlangse aardbewing in die see naby Nieu-Seeland wat 7,8 gemeet het en min skade aangerig het, was bykans tien keer sterker.

Haïti is nie al geval waar daar nie ‘n verband tussen die sterkte, skade en lewensverlies was nie. In 2009 het ‘n aardbewing van 5,8 die L’Aquila-streek in Italië getref en 307 mense het gesterf, wat bydra tot die persepsie dat die aarde nou onder buitengewoon baie verwoestende en dodelike aardbewings deurloop.

Selfs die Tulbach-aarbewing was sterker as hierdie een.

Die vraag is veral gevra na Haïti, Chili en Taiwan in ongeveer drie maande erge skade gely het, en daar in Haïti en Chili erge lewensverlies was. Kuo Kai-wen van Taiwan se seismologiese instituut het egter gemeen dat die erge skuddings niks ongewoons is nie, en dat die groot skuddings onverwant was.

Ander geoloë – hoewel hulle hul nie oor ‘n toename uitspreek nie – meen egter skuddings word wél “aangesteek.” Omdat skokgolwe ook deur die aarde trek, is dit nie noodwendig so dat die foutlyne naby mekaar hoef te wees nie. Spanning bou oor tyd op, en wanneer ‘n aardbewing iewers genoeg skokgolwe oplewer, is dit dalk nét die hupstoot wat nodig is om die spanning te ontlont, en ‘n aardbewing iewers is die gevolg.

Wat wél afgelei word, is dat die aarde se aarde se mantel en kors nog lank nie genoegsaam afgekoel het om die verskuiwing van plate, wat al miljarde jare duur, tot stilstand te laat bring nie. Maar selfs al sou die aarde se kern en mantel ook skielik afkoel en stol, beteken dit nog nie die einde van aardbewings nie, hoewel die meganika van die groot aardbewegings sal verskil.

Uit hoë resolusie satellietfotos wat naby die maan se oppervlak geneem is, blyk dit dat die maan se oppervlak nou sowat ‘n rugbyveld se lengte laer is as wat dit was toe die maan nog ‘n beduidende gesmelte kern gehad het. Hierdie berekenings is nie gebaseer op menslike waarnemings uit die tyd toe die oppervlak nog hoër was nie, want dit is ook ‘n proses wat oor miljarde jare geskied het, maar uit die bestudering van hoe die oppervlak plooie en ander strukture gemaak het toe dit weggesak het.

So ‘n proses op die aarde sal ook enorme aardkragte loslaat, en reuse aardbewings tot gevolg hê.

Gewoonlik minder ingrypend is menslike aktiwiteite, soos ou mynskagte en sinkgate wat insak. Na ‘n onlangse aardbewing in Johannesburg het ‘n kenner aangevoer die styging van suur mynwater nader aan die oppervlak kan ook tot aardbewings lei. Hy het dit vergelyk met die impak wat die bou van die Katzedam in Lesotho op die aardkors gehad het.

Die vraag is ook gevra of die Chinese self die aardbewing veroorsaak het wat magnitude 8 geregistreer, en 68 000 mense se dood veroorsaak het? Destyds is ook berig van bykans 20 000 mense wat vermis is, en amper 400 000 wat beseer is.

Die aardbewing het in Mei 2008 se Sichuanprovinsie voorgekom, pas na die reuse Zipingpudam voltooi is. Dit hou 320 miljoen ton se watergewig, en is tussen twee aardkorsfoute geleë. Die een aardkorsfout grens in wese teenaan die dam, en die ander is sowat 7 kilometer daarvandaan. Die aardbewing se episentrum was sowat 20 kilometer van die dam.

Navorsing in die VSA toon dat die skielike gewigstoename op die aardkors wel tot die aardbewing, of minstens die versnelde voorkoms daarvan, kon bygedra het. Dit lyk ook of die water na die foutlyne kon deurdring, en as ‘n tipe smeermiddel kon dien, wat sou verklaar waarom die episentrum so na –aan die dam voorgekom het.

Die gevolg is dat die spanningsvlakke wat tot die aardbewing gelei het moontlik met tussen tientalle en duisende jare versnel is. Groot lewensverlies en $75 biljoen se skade was die gevolg.

‘n Groep wetenskaplikes meen hulle het nou bepaal hoekom sommige aardbewings tsunami’s tot gevolg het, en ander nie.

Dié vraag het veral ontstaan nadat twee van die grootste aangetekende aardbewings naby mekaar ontstaan het, en die een ‘n verwoestende tsunami tot gevolg het, en die ander nie.

Die eerste aardbewing, wat tussen 9 en 9,3 geregistreer het (die grote waaroor hierbo geskryf is), het op die dag na Kersfees 2004 naby Sumatra ontstaan, en ‘n tsunami van meer as dertig meter hoog tot gevolg gehad. Maar as ‘n kwart miljoen mense het omgekom.

Die maande later het ‘n 8,7 aardbewing net suid van die vorige toegeslaan, en die veel kleiner tsunami het tot 1 300 sterftes gelei. Die twee aardbewings het op verskillende segmente van dieselfde aardkorsfout voorgekom.

Geoloë van die Universiteit van Southampton in Engeland meen die eerste aardbewing het die seebedding veel meer laat beweeg as die tweede. Die water bokant die eerste aardbewing is as’t water deur ‘n groot plak gewiks.

Met die tweede aardbewing is die aardkors veel minder geklits.

Seismiese peilings het getoon dat die seebedding rondom die episentrum van die eerste skudding uit veel sagter materiaal bestaan as die tweede.

Vrystaters se twee vernaamste aarbewingsoorspronge is die Goudveld en die area in die omgewing van die Van der Kloofdam. Hoewel nie een van hierdie areas ‘n groot bedreiging inhou nie, is skade en selfs lewensverlies in die Goudveld gely. Die Van der Kloofdam se konstruksie verreken ook die aardbewingpotensiaal in die omgewing. Veral inwoners van Bloemfontein se noordelike woongebied voel die aardbewings wat by Welkom ontstaan, terwyl inwoners in die suidelike woongebiede soms dié van die Koffiefontein-omgewing liggies voel.

Laas Opdateer op Maandag, 06 September 2010 08:21

Gesinsbeplanning sal kweekhuisgasse aansienlik verminder

E-pos Afdruk PDF

Elke R80 wat oor die volgende vier dekades op gesinsbeplanning bestee word, sal kweekhuisgasse met meer as 'n ton verminder, terwyl dit ten minste R400 sal kos om lae koolstof tegnologie te ontwikkel om dieselfde resultate te kry, het navorsing bewys.

Die verslag getiteld Fewer Emitter, Lower Emissions, Less Cost, het bevind dat gesinsbeplanning as een van die primêre kweekhuisgasverminderingsmetodes geëien behoort te word.

Die VN het bevind dat 40 % van alle swangerskappe ter wêreld onbeplan is.

Indien basiese gesinsbeplanningsbehoeftes vervul word, sal 34 gigaton CO2 gespaar word. Dit is gelykstaande aan byna 6 keer die jaarlikse uitsette deur die VSA en byna 60 keer Brittanje se jaarlikse totaal.

Roger Martin, voorsitter van die Optimum Population Trust by die Londense effektebeurs sê dit was nog altyd "voor die hand liggend dat die totale hoeveelheid uitset bepaal word deur die uitsetters en hulle individuele uitset - die koolstoftonnemaat kan nie na benede tuimel soos ons dit wil, as die bevolking aanhou opskiet nie".

VN-data suggereer dat indien daar in die behoeftes van gesinsbeplanning voorsien word, sal onbeplande geboortes met 72% daal, wat die vooruitgeskatte wêreldbevolking in 2050 met 'n halwe miljard sal verminder na 8,64 miljoen.

Die navorsing is bekend gemaak op die dag wat die Britse regering se adviseurs oor klimaatsverandering, die Climate Change Committee, waarsku dat huishoudings en nywerhede se beplande vermindering van 80% nie voldoende gaan wees nie.


JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL