praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Tegnologie Ruimte Indië ontdek water op die maan

Indië ontdek water op die maan

E-pos Afdruk PDF

Drome van maanreise en 'n bemande maanbasis het 'n hupstoot gekry met Indië se aankondiging dat hulle maansending water, goot hoeveelhede daarvan, ontdek het.

Data van Chandrayaan-1 suggereer ook dat water steeds op die maan gevorm word. Wetenskaplikes sê die ontdekking, wat deur NASA aangekondig sal word, gaan maanreise verander.

Die ontdekking is ook 'n aansienlike inspuiting vir Indië se ruimteresies teen China.

Dr Mylswamy Annadurai, die missie se projekdirekteur by die Indiese Ruimtenavorsingsorganisasie in Bangalore, sê dit is "baie bevredigiend".

Alhoewel die soeke na water een van die hoofdoelwitte van die sending was, is dit nogtans 'n verrassing sê wetenskaplikes.

Die onbemande tuig was toegerus met NASA se Moon Mineralogy Mapper, M3, wat ontwerp is om water te soek deur die elektromagnetiese uitstraling van minerale op te tel.

Die M3 het ook die verrassingsondekking gemaak dat water nog steeds op die maanoppervlak gevorm word.

Die Chandrayaan-1 is verlede jaar in Oktober in 'n wentelbaan om die maan geplaas. Die Indiese ruimteorganisasie het verlede maand kontak met die tuig verloor en moes die missie kanselleer.

Die opspraakwekkende data is teruggesein voordat die missie geskrap is.

Wetenskaplikes wag in spanning op die data wat twee Amerikaanse tuie wat in Junie gelanseer is, sal terugstuur wat waarskynlik die bestaan van water op die maan sal bevestig.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: