praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Tegnologie Ruimte Giftige stof op Mars gevind

Giftige stof op Mars gevind

E-pos Afdruk PDF
Image

Phoenix grawe 'n gat op Mars
Nasa sê dat die Phoenix Marslandingstuig moontlik perchloraat op die rooi planeet gevind het. Perchloraat is 'n giftige stof wat in vuurpylbrandstof gebruik word.

Die ruimteagentskap meen dis nie te wyte aan kontaminering deur die ruimtetuig nie en het gesê dat meer toetse gedoen sal word.

Phoenix is die jongste Nasa-sondeertuig wat bedoel is om vas te stel of water ooit op Mars gevloei het.

Verlede week het Phoenix besliste getuienis teruggesein dat water wel op Mars bestaan.

Nasa-wetenskaplikes kon nie sê of die perchloraat gevaarlik vir lewe is nie.

Uitgebreide grondontledings het tot dusver getoon dat die chemiese samestelling van grond op Mars letterlik onaards is.

Die agentskap het die sending met vyf weke verleng.

blog comments powered by Disqus