Wat gebeur met daardie koffiehouertjie, weggooi-skeerlemmetjie of ou televisiestel wanneer dit uitgegooi word?
MIT-navorsers gebruik ‘n elektroniese opspoortoestel, omtrent so groot soos ‘n vuurhoutjiedosie, om ongeveer 3000 van Seattle se rommelstukke te merk sodat hulle mense aan die dink kan kry oor wat hulle weggooi en waar dit opeindig.
“As jy sien waarheen jou rommel gaan mag dit dalk jou gedrag verander,” sê Assaf Biderman, die direkteur-vennoot van MIT se SENSEable City laboratorium en projekbestuurder.
“Sal jy ‘n weggooikoppie hergebruik, eerder as om ‘n leë een weg te gooi?”
Navorsers het die huise van honderde vrywilligers in Seattle besoek en elektroniese merkers aan tussen 10 en 15 van hulle huishoudelike rommel, soos pizzadose, weggooikoppies en afvalmetaal, geheg.
Die vrywilliger sal soos altyd van hulle vullis, ook die gemerktes, ontslae raak.
Die merkers maak staat op selfoontegnologie om inligting terug te stuur na MIT-rekenaars, wat navorsers en die publiek toelaat om die beweging van die rommel te volg tot die finale bestemming.
Volgens Biderman laat die projek navorsers toe om die effektiwiteit van vullisverwydering in detail te ondersoek.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





