Duisende mense gebruik elke dag die internet, hetsy by die huis, hetsy by die werk of beide.
Baie Afrikaners gebruik 3G-toegang maar dit is 'n medium wat redelik duur is. ADSL is die medium wat per Gigagreep die goedkoopste is terwyl WIFI oftewel koordloos op die oomblik die duurste is. Nie lank gelede nie was die scenario egter omgekeerd. Nou het 3G goedkoper geword as wat WIFI-toegang deur middel van "Hotspots" of langafstand-wifi of wimax (Slegs Telkom en Vodacom het op die oomblik WIMAX lisensies.) Ek is bewus daarvan dat sekere verskaffers soos Screamer, 5.8GHz Wifi as WIMAX bemark maar dit is foutief aangesien dit twee verskillende standaarde verteenwoordig.).
Voordat M-Web die onbeperkte internettoegang teen R199 per maand begin bemark het (384kbps - nie breëandtoegang nie maar nogtans beter as 'n konvensionele modem se 56kbps), was die koordlose toegang van verskaffers soos Screamer, Auranet, Megasurf, SA Wireless en JirehTech beslis van die goedkoopste in die land. Die enigste struikelblok tot toegang was die hoë koste van implementering omdat die toerusting wat gebruik is, gekoop moes word vir enige iets van R1900 tot en met R3800.
Met die aanlê van verskeie ondersese kabelstelsels soos Seacom (2009), Eassy (2010) en WACS (2011), het verskeie ADSL-verskaffers hulle pryse begin verlaag. Daarna het 3G-verskaffers gevolg maar koordlose verskaffers het die teenoorgestelde gedoen en hul pryse verhoog. In die verlede was die huur van 'n ADSL-lyn die beperkende faktor wat daartoe gelei het dat minder mense dit aanvanglik aangeskaf het, maar met die nuwe kabels wat ná 2009 in werking gekom het, is Telkom gedwing om hul pryse te verlaag om sodoende 'n bepalende speler in die mark te kon bly. Dit het alhoewel nie ander koordlose spelers gekeer om lynhuur te begin hef vir "lyne" wat nie bestaan nie.
| Verskaffer | Spoed | Lynhuuur | Prys/maand | Bandwydte | Tipe toegang | Uit-bondeldata | Dekkingsgebied |
| JirehTech | 512kgps | geen | R268 | 1,5 Gg | Wifi | R83,22 per Gg | Dele van Gauteng, Vrystaat, Limpopo, Natal en Noordwes |
| Megasurf | 2048 kgps | geen | R200 | 2 Gg | Wifi | R120 per Gg | Dele van Weskaap, Noord-Vrystaat en Gauteng |
| Screamer | 512 kgps | geen | R199 | 3 Gg | Wifi | geen inligting beskikbaar | Inligting op webblad nie betroubaar |
| Iburst | 1024 kgps | geen | R149+R99 aansluiting | 1 Gg | Iburst | R500 vir 750 Mg | Groot dele van SA |
| Neotel | 7168 kgps | geen | R299 | 2 Gg | Vaste CDMA | 8 sent per Mg (R81,92 per Gg) | Slegs groot stede |
| Mweb | 1024 kgps | R445 (by Telkom) | R29 | 1 Gg | Vastelyn ADSL | N.v.t. | Hele republiek |
| Vodacom | 7168 kgps | geen | R319 | 1,5 Gg | 3G/HSDPA | R2 per Mg (R2048 per Gg) | Hele republiek |
| CellC | 7168 kgps | geen | R250 | 1,2 Gg | 3G/HSDPA | geen inligting beskikbaar | Hele republek |
| MTN | 7168 kgps | geen | R289 | 1 Gg | 3G/HSDPA | 29 sent per Mg (R296,96 per Gg) | Hele republiek |
| 8ta | 7168 kgps | geen | R149 | 3 Gg | 3G/HSDPA | geen inligting beskikbaar | Hele republiek |
| Virgin Mobile | 7168 kgps | geen | R614,40 | 1 Gg | 3G/HSDPA | 60 sent per Mg (614,40 per Gg) | Hele republiek |
| Red Bull Mobile | 7168 kgps | geen | R249 | 3 Gg | 3G/HSDPA | 39 sent per Mg (R399,36 per Gg) | Hele republiek |
| Wireless G | 1024 kgps | geen | R149 | 1 Gg | Wifi | geen | Sien webwerf vir dekking |
| Wireless G | 7168 kgps | geen | R179 | 1 Gg | 3G/HSDPA | geen | Hele republiek |
As ons dus nou na die beste waarde vir geld kyk, sal ons al die verskaffers in een van twee katagorieë moet plaas, naamlik: vaste koppeling en mobiele koppeling. Die beste waarde vir geld vir mobiele koppeling sal dus gaan aan 8Ta, Telkom se sellulêre netwerk vir hulle R149-bondel met 3Gg data. Die verskaffer wat die laaste plek kry in die kategorie is dan: Virgin Mobile wat teen R614.40 per Gg tans die duurste in die land is.
Die beste waarde vir geld vir vaste koppeling, hetsy WIFI hetsy ADSL, gaan aan Screamer wat 3Gg teen slegs R199 per maand verskaf. Die een wat in hierdie kategorie die laaste plek kry, is MWEB ADSL. Wat ek natuurlik in MWEB se guns moet sê, is dat die prys hoër is as wat dit moet wees omdat Telkom tans ADSL-lynhuur en stemlynhuur op dieselfde lyn reken.
Die maatskappy met die duurste data per Mg is Vodacom met R2 per Mg en die goedkoopste is dan MWEB met 0.028c per Mg. Die vraag wat natuurlik dan nou op almal se lippe is, is hoekom Vodacom nie data teen dieselfde tarief as MWEB kan lewer nie? Vodacom het ten minste vingers in al die nuwe kabels. Die vraag bly ook staan dat as MWEB data teen R29 per Gg kan lewer, hoekom nie een van die ander verskaffers dit kan doen nie?
Wat ook nogal opvallend is, is dat al die koordlose verskaffers databondels verkoop maar dat nog nie een van hierdie verskaffers besluit het om voorafbetaalde data ("Out of bundle") maar teen dieselfde prys te verkoop nie, wat beteken dat hulle nog steeds staatmaak op tegnologies gestremde mense om data buite die bondel te gebruik.
Daar is aanvangklik aangekondig dat data goedkoper sal word namate die kabels verouer omdat die kabels se kostes elke jaar verlaag. Seacom is reeds in 2009 gelê en ons het verlagings gesien maar nog nie genoeg verlagings om internet vir die massas moontlik te maak nie.
Op 'n reis verlede jaar na Europe, het ek uitgevind dat meeste huishoudings konneksies van 12mg/s kry vir ongever R120 per maand. Dit is natuurlik onbeperkte lyne en sluit die lynhuur sowel as die data in. Ons het nog 'n baie vêr pad om te stap in SA om daardie tipe pryse hier te sien.
Persoonlik




