praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Saterdag, 13. Maart 2010

Bygewerk op:04:57:57 PM GMT

Jy is hier: Tegnologie
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
Aantal kere gelees: 10590

Tegnologie

Internetvryheidsdag gevier

E-pos Afdruk PDF

Die bekende instansie, Verslaggewers sonder Grense (Reporters without Borders) dra vandag, 12 Maart, op aan Internetvryheidsdag.

Terwyl hierdie dag gevier word, is twee “netizens” in die tronk, en is ‘n lys opgestel wat as Vyande van die Net gelys word. Die lys is Saoedi-Arabië, Mianmar, China, Noord-Korea, Kuba, Egipte, Iran, Oesbekistan, Sirië, Tunisië, Turkmenistan, and Viëtnam.

Die internet word as ‘n belangrike versekeringspolis teen gedwonge of vrywillige perssensuur beskou, omdat die inligting gewoon by die struikelblokke vloei. Koerante wat lesers om welke rede ook al in die duister probeer hou oor verwikkelinge, kan kort voor lank vind dat hul geloofwaardigheid tot niet is.

‘n Bekende Afrikaanse koerantredakteur het by geleentheid na die “alewige blogs” verwys, maar vandag bedryf enige koerant wat sy sout werd is self woernale.

Ongeag die omvang van kennisoordrag deur die internet, is dit steeds die mense met ink in die are wat die spit afbyt. Vandag staan Verslaggewers sonder Grense se monitor vir joernaliste wat vanjaar in die uitvoering van hul take omgekom het, reeds op 12. Nog een is in aanhouding.

Dié instansie is veral bekend vir sy jaarlikse persvryheidsindeks.

Google sê Facebook die stryd aan

E-pos Afdruk PDF

Google gaan die sosiale netwerk Facebook die stryd aansê. Facebook en Twitter se gebruiksvriendelike kommunikasie gaan deur Google nageaap word.

Die soekenjinreus gaan sy Gmail-gebruikers in staat stel om status-boodskappe en ander items op hul Gmail blaaie te plaas.

Google het onlangs hul soekfunksie verbeter om aan internetgebruikers makliker toegang tot sosiale netwerke te kan gee.

Gmail-gebruikers sal binnekort Facebook-tipe boodskappe kan laai en dan gebruikers laat weet as hulle iets op ander Google blaaie, soos YouTube of Picasa, plaas.

Google voel dat geïntegreerde internetdienste beter werk as losstaande dienste.

Google stel nuwe foon bekend

E-pos Afdruk PDF

Google se nuwe foon, die Nexus One, is Dinsdag aan die publiek bekendgestel.

Die "superfoon", soos die maatskappy dit noem, staan in direkte kompetisie met Apple se gewilde iPhone.

Google meen die Nexus is die "volgende stap" in die evolusie van die internetreus se Android-sagteware.

Nexus One is in samewerking met HTC, 'n Taiwanese elektroniese maatskappy, vervaardig.

Die nuwe foon word vir sowat R3 800 verkoop. Anders as die iPhone is die Nexus nie 'gesluit' nie, wat beteken die foon kan op verskillende foonnetwerke gebruik word.

 

 

Bladsy 1 van 19