Nathalie du Toit het gesê dat sy haar bes probeer het, maar dat sy nie vinnig genoeg was nie. Sy meen sy sal in 2012 weer terug wees.
Die swemster, wat een been in 'n ongeluk verloor het, het in die 16de plek geëindig.
Sy het meer as 'n minuut agter die gouemedaljewenner, Larisa Iltsjenko van Rusland, geëindig.
Iltjenko het Du Toit geloof omdat sy nie toelaat dat haar gebrek haar terughou nie. Sy was daar in die 10km-oopwater Olimpiese nommer en het teruggeveg.
Die wenner het deur 'n tolk gesê sy sal selfs sover gaan om Du Toit met 'n aparte medalje te beloon.
Dit was buitengewoon moeilik, het sy gesê, en net om na sulke mense te kyk, inspireer 'n mens.

| < Vorige | Volgende > |
|---|