Basson het vierde gekom in die 200m vryslag om daarmee vir die Suid-Afrikaanse Olimpiese span hulle beste vertoning tot dusver te bied.
Michael Phelps het die nommer gewen met 'n nuwe wêreldrekordtyd van 1 minuut 42.96 sekondes.
Die jong Basson was nogtans in sy skik met sy vertoning en het gesê hy sal by die volgende Spele terug wees want hy is nou gemotiveer om baie hard te oefen.
Hy sê hy het Vanderkay in die oog gehou en probeer bybly om hom op die laaste 50m verby te steek, maar hy kon nie daarin slaag nie.
Hy hoop hy, Sebastein Rousseau, Jasper Venter en Darian Townsend sal goed vaar in die 200m aflos.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





