praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Sport Swem Zimbabwe se Coventry verbeter 100m-rugslagrekord

Zimbabwe se Coventry verbeter 100m-rugslagrekord

E-pos Afdruk PDF
Image

Kirsty Coventry
Kirsty Coventry van Zimbabwe het 'n nuwe wêreldrekord in die 100-rugslag vir vroue opgestel.

Sy het 'n eerste plek verdien met 'n tyd van 58,77 sekondes in die hafleindronde by die Beijing-spele.

Die vorige rekord van 58,97 is vanjaar by die Amerikaanse uitdunne deur Natalie Coughlin opgestel.

Coughlin het vyf agtereenvolgende wêreldrekords opgestel voordat Coventry haar tyd oortref het.

Coventry het gesê dat die wêreldrekord vir haar as 'n verrassing gekom het en dat sy baie opgewonde was hoewel die finaal kop-aan-kop gaan wees.

Coventry het voorts gesê dat sy niks anders as 'n blitsvinnige resies môre-oggend verwag nie.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: