praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Sport Swem Suid-Afrikaner verbeter para-w?reldrekord

Suid-Afrikaner verbeter para-w?reldrekord

E-pos Afdruk PDF
Shireen Shapiro, paraplegiese swemmer, het die wêreldrekord vir die 100m rugslag by die Wêreld Paralimpiese toernooi in Manchester, Engeland, verbeter.

Die 17-jarige sal in alle waarskynlikheid Suid-Afrika in hierdie jaar se Paralimpiese Spele in Beijing in Augustus verteenwoordig.

Sy het 'n vorige rekord wat deur Michaela Rutherford van die VSA by die 2004 Olimpiese Spele in Athene opgestel is, met 40 breukdele van 'n sekonde gebreek, met 'n tyd van 1 minuut, 11 sekondes 88.

Shireen is deels verlam nadat sy in 'n waterski-ongeluk op die Vaal beseer is. 'n Motorboot het oor haar gevaar en haar pelvis is vergruis.

Sy wou egter nog altyd mededingend swem.

Haar moeder het gisteraand gesê dat sy 'n ongelooflik postiewe lewensuitkyk het.

blog comments powered by Disqus