praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Sport Sokker Diego Forlán kelder 'nasiebou'

Diego Forlán kelder 'nasiebou'

E-pos Afdruk PDF
Diego Forlán

Skitterende spel deur die doelskieter van Uruguay, Diego Forlán, het die Bafana Bafana met 3-0 laat verloor. Terwyl Suid-Afrika oor die afgelope maande getrakteer is op die onoorwinlikheid van die plaaslike sokkerspan en die regeringsgesinde media oor "nasiebou" gepopel het, het Uruguay finaal die Afrosentriese seepbel geprik.

Forlán, wat ook in Mei twee doele vir sy Spaanse klub, Atlético Madrid, aagenteken het om aan hulle die Europese beker te besorg, het die amateuragtige Bafana behoorlik geteister. Sy manjifieke eerste doelskop wat van 30m af in 'n sierlike boog oor die Bafana se koppe geseil het, het die rustydtelling op 1-0 te staan gebring.

Die tweede helfte van die wedstryd is ontsier deur geniepsige en selfs vuil spel deur die swart Suid-Afrikaanse spelers wat telkemale hul opponente gepootjie het. Die doelwagter Khune is met 'n rooi kaart afgestuur en deur Josephs vervang. Die uiteindelike strafskop is deur Diego Forlán waargeneem en dié is foutloos aan die bokant van die doelhok ingeskop om die Suid-Amerikaanse volk van vier miljoen se voorsprong tot 2-0 te vergroot.

Tydens beseringstyd het Forlán weereens 'n hoekskop waargeneem en nogmaals oor die koppe van die swart Suid-Afrikaanse verdedigers geskop, waarna Suarès dit weer teruggeskop het om aan 'n derde spanmaat, Pereira, die kans te bied om die doel te behaal.

Dit wil voorkom asof Bafana se gelyktelling teen Meksiko in die openingswedstryd 'n gelukskoot was want teen Uruguay het dit nooit gelyk asof hulle in staat is om 'n doel aan te teken nie.

Op Facebook het honderde Afrikaners openlik kant gekies vir Uruguay en die assosiasie van die Bafana met die gewelddadige en korrupte bestel in Suid-Afrika is geredelik deur die meeste deelnemers verwoord.

Wat 'n triomf vir Afrosentriese "nasiebou" en swart rassenasionalisme moes wees, is deur 'n blou-oogman met lang blonde hare uit 'n klein Suid-Amerikaanse land die doodskoot toegedien.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: