‘n Bees is Dinsdag by die Soccer City-stadion geslag om die land se stadions vir die die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi te seën.
Zakhele Sigcawu (70), ‘n Xhoza-krygsman van die Tshawe-stam het die bees geslag deur ‘n spies in die nek tussen die horings te gooi.
"Hy is ‘n spesialis hiermee,” het Zolani Mkiva, hoof- uitvoerende beampte van die Xhosa-koninklike raad gesê. "Hy het al die pad van die Oos-Kaap gekom.”
Die seremonie wat met die slagtingsprosedure afgeskop het, is deur 2000 mense van verskeie kulture, geklee in tradisionele drag, bygewoon.
Mkhiva het gesê die stadion is deur sowat 300 sangomas geseën, insluitend ‘n wit sangoma en tradisionele geneeshere.
Terwyl die tradisionele krui, impepho gebrand het, het tradisonele geneeshere ‘n beroep op die voorvaders van Afrika gedoen om ‘n suksesvolle Wêreldbeker te verseker.
"Ons het die seremonie hier gedoen omdat die toernooi hier begin en eindig.”
In die Afrika-kultuur word dié stadion, waar die slagting plaasvind, gesien as 'n huis en verteenwoordig 'n kraal.
“Na dié prosedure loop die senior toordokters in die stadion in en seën die binnekant van die stadions met rituele,” het Mkhiva gesê.
"Ons stadions is nou amptelik geseën volgens ons kultuur.”
Die seremonie het die seëninge van alles wat met die toernooi te doen het, ingesluit.

| < Vorige | Volgende > |
|---|