praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Sport Sokker Henry se hand-joppie

Henry se hand-joppie

E-pos Afdruk PDF

Woedende Ierse kommentators het Thierry Henry as "Le Cheat" beskuldig nadat die Franse sokkerkaptein gehelp het om Ierland met sy hand uit die Wêreldbeker-toernooi te skop.

Die Iere se tradionele geluk het hulle in die steek gelaat nadat Henry glo die bal in die doodsnikke van die westryd met sy hand hanteer het en die Franse 2-1 laat wen het.

Die nederlaag beteken dat Ierland nie kwalifiseer vir die 2010 Wêreldbeker Sokkertoernooi nie.

"We’ve been robbed,” het die Irish Star berig, "Le Cheat,” het die Irish Mirror bygevoeg, terwyl die Irish Sun hom aangespreek het as “Henry, You Bastille" en die "Hand of the Frog", wat verwys na ‘n toneel oor Maradona se "Hand of God"- doel teen Engeland in 1986.

David O'Leary, ‘n Ierse sokkerveteraan het gesê Henry het die bal twee keer met sy hand hanteer.

“Hy het die bal die eerste keer met sy hand gestop om te keer dat dit uitval en 'n tweede keer om die bal te kan aangee vir 'n spanmaat.”

Die Irish Times het die voorval beskryf as die "Heartbreak of Henry's hand of God, part II" .

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: