praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Sport Sokker Blankes meer skepties oor 2010 sokker, maar hulle gee steeds om

Blankes meer skepties oor 2010 sokker, maar hulle gee steeds om

E-pos Afdruk PDF
Image

16:29:40 Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het bevind dat wit Suid-Afrikaners meer skepties is oor Suid-Afrika se gereedheid om die 2010-sokkerwêreldbeker aan te bied ofskoon dit nie beteken dat hulle nie daarvoor omgee nie.

Die opname wat Dinsdag op die RGN se webwerf gepubliseer is, lui dat wit Suid-Afrikaners meer skepties as Indiër- en gekleurde Suid-Afrikaners is en baie meer as swart Suid-Afrikaners.

Ongeveer 3 300 mense het aan die opname deelgeneem. Die bevindinge is gebaseer op 'n ontleding van dieselfde opname in 2007 ná die kommentaar van die vorige minister in die presidensie, Essop Pahad, tydens die Beijing-Olimpiese Spele.

Pahad het beweer wit Suid-Afrikaners wil graag sien dat Suid-Afrika se gasheerskap van die Wêreldbeker 'n mislukking moet wees. Die opname sê hulle kommer kan eerder geïnterpreteer word as 'n teken dat hulle  omgee dat die land in die bes moontlikste lig gesien word as wat dit 'n gebrek aan belangstelling toon.

Die studie het bevind dat minstens 95 persent van wit Suid-Afrikaners oor die laaste drie jaar konsekwent geglo het dat die land as gasheer voordeel uit die skouspel sal trek. Die voordele strek van werkskepping, verhoogde toerisme tot ekonomiese groei.  Oor die nalatenskap van die gebeure is swart Suid-Afrikaners meer optimisties oor die impak van die wêreldbeker.

Die opname het bevind dat 8 uit 10 wittes glo in die saambindende krag van sport. Die opname wys dat wit Suid-Afrikaners, soos andere, by die Wêreldbeker betrokke is en daarvoor omgee. Om iets anders te beweer, ondermyn die gemeenskaplikheid wat bevorder behoort te word.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: