Clive Barker, Bafana Bafana se mees suksesvolle afrigter, sê die Brasiliaanse afrgter Joel Santana is besig om die nasionale span te vernietig.
Hy het gevra vir 'n dringende SAVV-rondetafelvergadering met nasionale afrigters.
Barker het gesê hyself, Trott Moloto, Shakes Mashaba en Jomo Sono behoort bymekaar te kom om die weg vorentoe uit te stippel.
'n Senior Bafana-speler het gesê daar was geen kommunikasie nie aangesien Santana nie Engels praat nie. Barker het ook gesê hy vind dit ongelooflik dat die SAVV 'n nie-Engelssprekende kon aanstel.
Barker het die Afrikanasiesbeker in 1996 op die tuisveld gewen.
Barker het die Afrikanasiesbeker in 1996 op die tuisveld gewen.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





