Suid-Afrika se krieketafrigter, Mickey Arthur, het bedank,het die SABC Dinsdag berig.
Arthur het sy bedanking net vier dae voordat die span an Indië vertrek, aangekondig.
Die uitsaaier sê daar was spekulasie dat die afrigter bedank het as gevolg van 'n algehele breuk in die verhouding tussen hom en die span se kaptein Graeme Smith.
Daar word bespiegel dat die voormalige Suid-Afrikaanse snelbouler Corrie van Zyl in die tussentyd sal oorneem.
Hy sal ook die span in Indië afrig.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





