Suid-Afrika se kolwers het Woensdag in die derde toets op Nuweland hulself laat geld en indien die boulers vandag hulle kant bring, kan hulle stof in die Engelse se oë skop.
Engeland, moet 466 aanteken nadat Suid-Afrika sy beurt op 447/7 gesluit verklaar het. Teen uitskeityd het die Engelse op 132/3 gestaan.
Jonathan Trott (24*) en James Anderson (0*) sal vanoggend voortkolf met Engeland wat nog 334 vir 'n oorwinning moet aanteken.
Dale Steyn het die waardevolle paaltjie van Kevin Pietersen in die laaste skof opgeëis.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





