praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Sport Gholf ANC prys wit gholfheld se 'Madiba-geskenk'

ANC prys wit gholfheld se 'Madiba-geskenk'

E-pos Afdruk PDF
President Jacob Zuma het Maandag sy gelukwensing aan Louis Oosthuizen, die wenner van die Britse Ope, oorgedra. 

"Dit is van die wonderlikste Madiba-geskenke wat enigiemand aan ons land gegee het," het Zuma in 'n verklaring gesê.

"Dit is 'n groot prestasie vir 'n 27-jarige."

Hy het bygevoeg dat Oosthuizen homself in die geskiedenisboeke verewig het deur die vierde Suid-Afrikaner te word om die Ope te wen.

Ernie Els, Gary Player en Bobby Locke was die Suid-Afrikaners wat die trofee voor hom ingepalm het.

"Dit was wonderlik dat hy dit op die nuwe internasionale Nelson Mandela-dag gewen het."

Oosthuizen het Sondag 'n opspraakwekkende sewe-hou oorwinning in die kompetisie op St. Andrews behaal.

Die minister van sport, Makhenkesi Stofile, en die ANC het vroeër gesê dat Oosthuizen se oorwinning net weer Suid-Afrika se reputasie as 'n oorwinnende land in sport bevestig het.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: