Tiger Woods keer volgende maand terug na gholf in die Amerikaanse Meesterstoernooi op Augusta, het hy Dinsdag op sy webtuiste aangekondig.
Dié toernooi begin op 8 April.
"Die Meesters is waar ek my eerste groot toernooi gewen het en ek kyk met groot respek na die toernooi. Na 'n lang, nodige tyd weg van die spel, voel ek reg om my seisoen op Augusta te begin," het Woods gesê.
Die wêreld se voorste gholfspeler het in Desember aangekondig dat hy 'n onbepaalde vakansie van dié sport gaan neem ná sy buite-egtelike verhoudings aan die lig gekom het.
"Ek het vir sowat twee maand terapie ondergaan en ek gaan voort met my behandeling. Hoewel ek weer begin speel, is daar nog baie wat ek in my persoonlike lewe moet doen," het Woods gesê.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





