Jy is hier: Sport Gholf

Gholf

ANC prys wit gholfheld se 'Madiba-geskenk'

E-pos Afdruk PDF
President Jacob Zuma het Maandag sy gelukwensing aan Louis Oosthuizen, die wenner van die Britse Ope, oorgedra. 

"Dit is van die wonderlikste Madiba-geskenke wat enigiemand aan ons land gegee het," het Zuma in 'n verklaring gesê.

"Dit is 'n groot prestasie vir 'n 27-jarige."

Hy het bygevoeg dat Oosthuizen homself in die geskiedenisboeke verewig het deur die vierde Suid-Afrikaner te word om die Ope te wen.

Ernie Els, Gary Player en Bobby Locke was die Suid-Afrikaners wat die trofee voor hom ingepalm het.

"Dit was wonderlik dat hy dit op die nuwe internasionale Nelson Mandela-dag gewen het."

Oosthuizen het Sondag 'n opspraakwekkende sewe-hou oorwinning in die kompetisie op St. Andrews behaal.

Die minister van sport, Makhenkesi Stofile, en die ANC het vroeër gesê dat Oosthuizen se oorwinning net weer Suid-Afrika se reputasie as 'n oorwinnende land in sport bevestig het.

Laas Opdateer op Maandag, 19 Julie 2010 17:24

Tiger onttrek

E-pos Afdruk PDF
Tiger Woods het uit die Players-kampioenskap onttrek nadat hy ‘n besering opgedoen het wat hy glo ‘n werwel in sy rug is wat uit plek is.

Volgens Woods speel hy al sowat ‘n maand lank met ‘n seer nek.

Hy het glo sy kop vir ‘n paar minute lank vorentoe gebuig terwyl hy voor sy sluitkas gesit het. Ander kere het hy sy oë toegehou voordat hy vrae van verslaggewers beantwoord het.

Volgens Woods het hy die besering kort voor die Meesterskampioenskap begin voel.

Hy beplan om volgende week ‘n skandering te kry.

Woods sê hy kan ‘n prikkelende gevoel aan sy regter kant tot by sy vingers voel.

Ernie doen dit weer!

E-pos Afdruk PDF

Ernie Els het die Arnold Palmer Uitnodigingstoernooi gewen. Dit is die tweede agtereenvolgende wen vir Els op die PGA-toer.

Els is onder groot druk geplaas deur Edoardo Molinari van Italië, en die Suid-Afrikaner moes twee lang sethoue in die laaste vier putjies voltooi.

Spel is onderbreek deur onstuimige weer. 'n Sigbare gespanne Els het egter kopgehou nadat dit die volgende dag hervat is.

Molinari en Kevin Na het twee houe agter Els geeïndig.

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL