praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Sport Atletiek Is SA se nuwe kampioen 'n man of 'n vrou?

Is SA se nuwe kampioen 'n man of 'n vrou?

E-pos Afdruk PDF
Image

Semenya, Woensdag in Berlyn
Die IAAF, die internasionale atletiekliggaam, het gesê daar is drie weke gelede ’n versoek aan Atletiek Suid-Afrika (ASA) gestuur om Caster Semenya, Suid-Afrika se nuwe 800m-kampioen, vir ’n geslagstoets te stuur.

Die versoek het gekom nadat sy op die Afrika-junior-byeenkoms in Mauritius die 800 in1:56.72 gewen het

Die toets is ’n besonder ingewikkelde proses en die uitslae sal eers oor ’n twee tot vier weke bekend gemaak word.

Die IAAF het 'n mediese kommissie bestaande uit 12 lede aangestel en dit sluit toevallig 'n Suid-Afrikaanse dokter in. Hulle sal ook met medici in Suid-Afrika skakel.

Dit is ironies dat Semenya by dieselfde stadion deur vrae oor haar geslag geteister word. In 1936 was die Poolse naelloper Stella Walsh onder verdenking nadat sy die silwermedalje gewen het.

Walsh het in 1932 by die Los Angeles Olimpiese Spele die goue medalje gewen. Ná haar dood in 1988 is  bevind dat sy "dubbelsinnige genitalië" gehad het wat meer manlik as vroulik was.

Tot die uitslag bekend is, mag Semenya aan wedlope deelneem.

Semenya het Woensdagaand in Berlyn die eindronde van die 800 m vir vroue met die vinnigste tyd van 1:55.45 hierdie jaar gewen, byna 20 m voor haar naaste teenstander, Janeth Jepkosgei Busienei van Kenia.

Phiwe Mlangeni-Tsholetsane, bestuurder van die Suid-Afrikaanse span, sê sy gewete is skoon. Hy wou nie bevestig of ontken dat die 18-jarige atleet van die Universiteit van Pretoria die toets tans ondergaan of nie.



blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: