Jy is hier: Sport Atletiek

Atletiek

Caster moet hardloop sê haar regspan

E-pos Afdruk PDF

Caster Semenya se prokureurs het gesê dat die 800 meter-wêreldkampioen toegelaat moet word om Dinsdag aan ‘n byeenkoms deel te neem, het Atletiek Suid-Afrika se waarnemende hoof Ray Mali gesê.

Mali het Maandag aan die Associated Press gesê dat hy vroeër in die dag ‘n telekonferensie met Semenya en haar prokureurs gehad het en dat haar prokureurs gesê het dat Semenya toegelaat moet word om weer kompeterend aan atletiek-byeenkomste deel te neem.

“Terwyl ek nou praat is daar nog geen duidelikheid nie,” het Mali in ‘n telefoniese onderhoud gesê.

“Ek is besig om die IAAF te betrek. Haar prokureurs sê sy moet hardloop.”

Mali het bygevoeg dat hy nog wag vir ‘n antwoord van die IAAF of hulle Semenya sal toelaat om in Stellenbosch aan die Yellow Pages-reeks-V byeenkoms deel te neem.

“As die IAAF nee sê en Caster hardloop in elk geval, sal dit vêrreikende gevolge vir atletiek hê,” het Mali gesê.

“Ek probeer om die IAAF betrokke te kry en in kennis te stel.”

Die Johannesburgse kantoor van Semenya se prokureur, Dewey en LeBoeuf, kon nie Maandag bereik word vir kommentaar nie.

Nick Davies, woordvoerder vir die IAAF, het gesê dat hy “geen inligting” het oor enige verwikkelinge nie.

Alhoewel daar geen skorsing is wat Semenya verhoed om deel te neem nie, word daar beweer dat die 19-jarige ooreengekom het om nie kompeterend deel te neem voordat die IAAF hul bevindinge oor haar geslagstoetse bekendgemaak het nie.

Duitsers herstel hoogspringrekord van 1936

E-pos Afdruk PDF

Duitsland se atletiekvereniging het 'n hoogspringrekord van 1936 in ere herstel aan Gretel Bergmann wat daarvan gestroop was en van daardie jaar se Berlynse Olimpiese Spele deur die Nazi's verban is omdat sy 'n Jodin was.

Die vereniging sê in 'n verklaring dat die gebaar om Bergmann se sprong van 1,60 meter in die rekordboeke te herstel "op geen manier kan opmaak" vir die verlede nie maar dat dit "'n daad van geregtigheid en 'n simboliese gebaar was."

Dit het ook versoek dat die 95-jarige Bergmann in die Duitsland se sportroemsaal ingesluit sal word.

Bergmann is in Laupheim gebore maar het in 1937 na die Verenigde State geëmigreer waar sy steeds woon.

 

Semenya se toekoms nog onder bespreking

E-pos Afdruk PDF

Die IAAF het gister gesê hulle werk nog agter die skerms met Caster Semenya en die Suid-Afrikaanse regering om aangeleenthede rakende die agtienjarige atleet se geslag en toekoms op te los.

Die beherende atletiekliggaam sê hulle kan nog nie die Suid-Afrikaanse regerings se aansprake dat ‘n ooreenkoms wat Semenya sal toelaat om die wêreldtitel en die prysgeld wat sy in Augustus gewen het, te hou en dat haar geslagtoetsresultate geheim gehou sal word, bevestig nie.

‘n Segsman vir die Internasionale Assosiasie van Atletiekfederasies, Nick Davies, sê dat die partye "amper daar" is met die bereiking van komplekse onderhandelinge.

"Dit is voortydig om die inhoud van wat die Suid-Afrikaanse regering gesê het, te bespreek totdat ons sê ja, ons stem honderd persent saam daarmee," het Davies gesê. "Dit word versigtig polities op een vlak hanteer, maar ook op medies-wetenskaplike gebied.

"Uiteraard werk ons voluit agter die skerms om dit op te los. As ons gelukkig is, kom ons gou daarby uit."
Die omstandighede waaronder Semenya toegelaat sal word om haar loopbaan voort te sit, bly onseker.

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL