praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Rubrieke Christo Landman Is Beyers Naudé 'n Paulus?

Is Beyers Naudé 'n Paulus?

E-pos Afdruk PDF

By die lees van die geskiedenis van Paulus het dit by my opgekom dat Paulus 'n tipe Beyers Naudé is. Daar is nogal parallelle tussen Paulus en Beyers.

Dit blyk dat Paulus erg beswaard is en in sy terneergedruktheid troos in sy eie advies aan ander kry. Dan sit hy nog met die doring in sy vlees.

In Filippense 4 gee hy aan die gemeente van Filippa goeie raad; raad wat eintlik op homself van toepassing gemaak kan word. "Wees oor niks besorg nie" vermaan hy (Fil. 4:5).

Hy is nie as persoon indrukwekkend nie (2 Kor. 10:10) maar as denker styg hy uit en skryf in die filosofiese idioom van sy tyd.

Toe Beyers Naudé eenmaal die pad van selfafskeiding begin loop het,
het hy 'n eensmane mens geword en hom van sy eie mense vervreem.

Biografiese besonderhede
Paulus kom uit 'n familie van Fariseërs (Fil. 3:5). Hy is gebore in Tarsus en geniet ook Romeinse burgerskap. Hy het in die Joodse wet en kultuur grootgeword. By Damaskus ervaar hy die teenwoordigheid van Jesus (1 Kor. 15:8,9) wat deur die metgeselle saam op weg eintlik nie verstaan is nie en ook nie verklaar word nie.

Beyers Naudé was 'n gesiene predikant van die NGK en vooraanstaande
lid van die Afrikaner Broederbond. Met sy verworpenheid het hy
opgegaan in die struktuur en denke van die Christelike Instituut en
die blad Pro Veritate.

Konflik met hulle eie mense
Na sy "bekering" preek Paulus in Damaskus en word deur sy eie mense uit die Sinagoges verdryf. Aanvanklik het hy goeie verhoudinge met Barnabas, maar verbreek dan verhoudinge oor die persoon van Markus.
Hy kom in 'n kop-aan-kop botsing met die Messiaanse Beweging van Jakobus (die broer van Jesus) en van Petrus in Jerusalem (Hand.15). In Efese, sy derde sendingreis, word hy gevang en vrygelaat. Hy vertrek na Jerusalem (Hand. 19-21) waar hy onder arres geplaas word, omdat hy 'n Griek die tempel ingeneem het.
In Jerusalem verskyn hy as aangeklaagde voor Felix en Festus. In die gevangenis in Siscerea beroep hy hom op die Keiser om in Rome bereg te word. In Rome verkeer hy onder huisarres.
Die bewering word gemaak dat Beyers Naude binne die konteks van
die Afrikaner Broederbond aspirasies gehad het om tot nasionale
leier verkies te word. Om so te kon doen moes hy van kompeterende
leiersfigure "ontslae" raak. Die bewering is gemaak dat Naude
geheime van die AB aan Hennie Serfontein weekliks uitgeblaker het.
Serfontein van die Sunday Times het ook bande met
die Nasionale Intelligensiediens van (generaal) Hendrik van den
Berg gehad. So, Hendrik van den Berg, self van die AB, het presies
geweet wie die persoon was wat AB-dokumente uitgelek het.
Op hierdie wyse het die top-echelon van die AB uitgevind wie die
"verraaier" is en Naude gekonfronteer.

Afwykings van die gangbare geloof
Paulus verbreek kontak met die Jode en wend hom tot die heidene (Hand. 13). Paulus breek fundamenteel met die Judaïsme van sy tyd. Vir hom het die ou dinge verby gegaan en 'n nuwe verbond het in Jesus aangebreek (2 Kor. 5:17). Sy verwerping van die besnydenis as niksseggend (Fil. 3:2) is eintlik 'n verwerping van die "ewige verbond van God met Abraham en sy nageslag". Die nuwe verbond tree met Jesus in werking (2 Kol. 5:17). Sy teologie is heilshistories gerig op Jesus.
Hy breek ook met die idee dat Israel die uitverkore volk van God is. Die gemeente of Ekklesia is die liggaam van Christus (Rom. 12:4-8) en die uitverkore volk van God (Gal. 6:16 en 1 Kor. 10:18). Al die weldade wat gerig was op Israel in die eerste testament gaan oor op die Ekklesia in die nuwe testament.
'n Dualisme in sy denke herinner baie aan die Gnostiek. Hy maak 'n onderskeid tussen vlees en gees (Rom. 1:3), die immanente en die transendente en natuurlik tussen gees en wet. Die vleeslike mens is onder die wet (Gal. 4:4). Die gees verlos ons van die vlees (Rom. 8:9). Na die vlees is Jesus die seun van Dawid, maar na die gees die Seun van God (Rom. 1:3).
Die geestelike/pneumatiese mens leef onder die invloed van die gees. Die vlees is tydelik en die gees is ewig. Derhalwe is Jesus die eersgeborene van God wat van ewigheid af bestaan. Die sonde is onder die mag van die vlees (Rom. 8:9). Hy beywer hom vir aflegging van die ou mens (Rom. 13:14).
'n Verdere afwyking is sy teologie is die klem wat hy plaas op sola fide (geloof alleen) as gronde vir regvaardigheid. Hier verskil sy teologie ingrypend van die van Jakobus, die broer van Jesus en hoof van die Messiaanse Beweging in Jerusalem.

Beyers Naudé, daar en teen, het betrokke begin raak by latere leiers van
die Christelike Instituut en by die blad Pro Veritate; beide deur die
Wêreldraad van Kerke geïnspireer. Toe hy een maal op hierdie pad
begin wandel het, het hy 'n kritikus nie net van die AB
geword nie, maar ook van die beleid van afsonderlike en
geskeie ontwikkeling.

Kritiek op
Paulus leef in konflik. Nie net met Barnabas en Jakobus en Petrus nie, maar tewens met die religieuse leiers van Israel.
Die feit dat hy hom op Rome en op die Romeinse regsisteem beroep is natuurlik in direkte botsing met die Messiaanse Beweging wat soek na die omverwerping van die Romeinse politieke onderdrukkers en herinstelling van die Levitiese Priesterskap en oorname van die Dawidiese koningshuis.

Toe Beyers Naude eenmaal sy rug op die Afrikaner establishment
gedraai het, is hy uitgewerp en vervreem.

Gevolgtrekking
Paulus het hom grootliks geisoleer van sy eie mense en die geloofsinstellinge van die Judaïsme.
Die feit dat hy hom beroep het op Romeinse regsinstellinge, teenoor sy eie mense, tipeer hom as 'n verraaier van die diepste oortuiginge van die Messiaanse Beweging en van die Jode.

Kritiese vrae oor Paulus
1. Paulus het Jesus nooit geken nie, was nie een van die 12 nie en dit laat die vraag opkom watter bronne hy in sake die leer en lewe van die historiese Jesus oor beskik het?
2. Op wie se gesag kon Paulus die (sg. eerste) ewige verbond van God met Abraham en sy nageslagte ophef en vervang met die nuwe verbond?
3. Hoe regverdigbaar is die antropologie van Paulus, ten aansien van die Grieks-dualistiese teenstelling tussen vlees /gees, immanent/transendent en hemel/aarde daarvan?
4. Op wie se gesag kan Paulus aanspraak maak op die titel die dertiende apostel?
5. Is daar enige bewysvoering in die eerste testament dat die koms van die verwagte Messias die uitverkore volk van Israel sal laat oorgaan tot en oplos in die Griekse Ekklesia?
6. Is dit ongeregverdig om te verklaar dat Paulus die Messiaanse Beweging van Jesus (en later van sy broers Jakobus en Simon deur erfopvolging) verander het in 'n nuwe godsdiens, wat as die Christendom bekend geword het?


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: