Neem nou maar Genesis, waar alles begin het. Wat staan daar? God het elke ding op verskillende dae volgens die afsondelike reëls van apartheid geskep. Die skrywer van Genesis doen nogal moeite om te onderskei tussen dinge.
Die aarde is woes en leeg. Duisternis is op die wêreldvloed. En toe verdring lig die duisternis. Apartheid word gemaak tussen waters en waters en die land het tussen die oseane na bowe gekom. Nou kan ek al klaar sien hoe daar gestry gaan word wie eerste daar was en aan die wie landskap as eerstereg behoort!
Toe begin die neukery vir die boere: daar is gras, plante, bome – ja, alles en telkens volgens aparte soorte. Ek stap die vrugte- en groentewinkel binne en waarmee word ek gekonfronteer, met verdomde onnodige diversiteit. Wat moet ek nou koop: appels, pere, druiwe, ens. Waarom moet ek kies, want alles word tog in my mond fyngemaal en gaan met een sluk in.
Toe kom die Son en die Maan aan die uitspansel en asof dit nie genoeg is nie, neuk die mense, ja sommige mense, met spesifieke genepoele, Maan en Mars toe, terwyl ander nog nie eers 'n boom op aarde geplant het nie.
Die waterdiere het begin wemel, weer elke ding volgens sy aparte soort. Selfs die bleddie visse byt nie aan dieselfde aas nie. En hoekom die radikale verskeidenheid? Verdomp, waarom kan 'n walvis nie verlief raak op 'n swart baber nie? Dis tog logies: hulle is visse. Die wilde diere het oor die wêreld versprei. Weer volgens aparte soorte en nou vreet die roofdiere die arme plantvreters op en jag die wildehonde in groepe uit pure banggeit om elkeen apart sy ding te doen.
Fokus ek op die Kosmos word ek gesê daar is verskillende sonnestelsels: elkeen met sy eie mane, planete en bane. Waarom al die moeite doen met ingeboude grense om my kosmiese nuuskierigheid hok te slaan? Bestudeer ek die natuur, die fisika, die wiskunde en die meetkunde, onder meer, word ek gekonfronteer met aparte natuurwetmatighede. Waarom dit so verdomp moeilik maak?
Aan die begin het die beskaafde mens aan die natuur aangepas en die natuur by sy lewenswyse aangepas en deur wetenskaplike innovasies, soos die wiel en die horlosie, objekte ontwikkel om die natuur te beheer. Maar, wat vind ons: daar is mense wat eenvoudig anders wil wees: hulle kap die bosse uit en verbrand die hout, hulle koop Westerse beskawingsmiddele in plastiese sakke en smyt dit neer, hulle doen hulle ding naby water en besoedel die water met estrogeen, hulle het geen beheer oor hulle drange nie en oorbevolk die landskap, en so kan ek aangaan.
Ek wil graag met diere eksperimenteer. Ek hou van muile, omdat dit beter as 'n donkie en sterker as 'n perd is, maar ek kan nie, want op een of ander manier wil muile nie teel nie. Iewers het iemand 'n grens tussen 'n donkie en perd ingebou. Hoekom is dit nou nodig? Dan kom ek in die Wildtuin en verwonder en verkyk my aan die diere wat saam wei, maar afsonderlik teel. Waarom is dit nou regtig nodig om die grense tussen die spesies te behou, want die ideaal is tog om die diversiteit op te hef?
Ek is veral vies vir bosluise wat die bloed van my stoetbeeste suig, vir hondeluise wat op die diere parasiteer, vir andersoortige parasiete wat my gesonde diere aanval, vir bek-en-klouseer en runderpes, bloutong en siekte oor die algemeen wat op ordelike, gesonde, beskaafde lewe teer. Ek het ook 'n weersin in sommige gemeenskappe wat op ander parasiteer. Hoe gaan ek van hulle ontslae raak? Hulle teel en ons betaal uit emosionele oorweginge. So word die armoedeprobleem groter en groter.
Ek is eintlik behoorlik gatvol vir imperialistiese indringerplante, wat van elders kom en ingebring is en ons natuurlike habitat oorneem. Let wel: nie naas mekaar mag uitbalanseer nie, maar inheems plante verdring. Wat maak die Jakaranda en die Bloekom en die Blouwattel hier? Deur hulle genetiese andersheid bedreig hulle alles wat in kompetisie daarvan staan. Hulle deel nie hulle gene nie, maar hou dit vir hulleself apart.
Ek lag lekker in my mou oor die verskille tussen mans en vroue. Ek is 'n man. Waarom is daar geneuk om vrouens te maak, want hulle is onvoorspelbare en onverstaanbare wesens. Hulle kan glo dinge doen wat mans nie kan doen nie. Hulle soek seks maar geniet dit nie, hulle wil kinders hê, maar die mans moet die lewensmiddele daarstel. Hulle praat 'n gat in 'n streepsak in sonder om veel te sê. As dit looptyd is en die mans staan alreeds by die motors en sommige sit reeds in die motor, begin hulle 'n nuwe argument, of opper 'n nuwe gedagte en idee. Waarom wil hulle apart wees en waarom is hulle nie soos mans nie, dan was alles minder kompleks, meer eenvoudig, rustiger en minder kompeterend.
Om dinge nog moeiliker te maak, skep die mens 'n duisternis sosiale instellinge om sin aan die samelewing te gee. Godsdiensinstellinge het afsonderlike identiteite van staatlike instellnige. Wat van sportliggame, ekonomiese instellinge, gesondheidsdienste, ens.
As daar nou een ding is wat my besonder die moer inmaak, dan is dit die onnodigheid van verskillende rasse. Kom ons begin by die taalverwarring van Babel. Hoekom nou dit? Waarom het almal nie maar Afrikaans gepraat nie? Dit is tog 'n beskaafde taal met 'n wonderlike woorderykdom en literêre tradisie. Dit is 'n hemelse taal. Nee, want hulle het 'n rewolusie teen Afrikaans begin. Hulle wil anders wees. Hulle wil hulle eie tale praat, maar dan moet ons hulle tale vir hulle ontwikkel ... of nog slegter, hulle wil Engelse taalimperialisme en taalkolonialisme op Afrikaanse praters forseer. Dit is 'n vorm van apartheid.
Hierdie apartheid het geen en ken geen grense nie. In plaas daarvan dat alle mense die een ware God, Jahwe, aanbid, voeter hulle met 'n duisternis van afgode. Afgode wat soms met natuurverskynsels verband hou. Soos die watergod en voorvadergeeste. Dan is daar die tokkelossie. En wat van die "beskaafde" Romeine wat die "sol invictus" aanbid het en later die Sondag as aanbiddingsdag op ons forseer het. Was hulle dan mal en apartheidgedrewe? Ja, hulle was apartheidmal want apartheid deursuur die skepping!
En, as daar nou een ding is wat my die berge opjaag, dan is dit die seksgedrewendheid van sommige volkere. Met hulle geslagsorgane oorwin hulle die wêreld en forseer hulle apartheid op ons af. Hulle sekslus maak hulle nogal apart. Dink daaraan: watter beskaafde mens slaan 'n ou met 'n byl dood en verkrag daarna sy vrou en dogters. Hoe op aarde kry 'n mens 'n ereksie midde van 'n bloedbad? Ek weet nie! Hulle apartheid vervul my met afgryse. Ons moet hierdie soort apartheid met wortel en tak uitroei en hulle eenvoudig tot uniformiteit dwing. Hulle moet word soos ons: een-man-een-vrou, seks eenmaal per week, impotent op sewentig, ens.
Apartheid het selfs nie sosiale gebruike onaangeraak gelaat nie. Wat is nou eintlik reg? Ek weet nie, want as ek en my vrou stap, dan stap ek saam, maar onder die Zoeloes stap die man voor en die vrou agter, om van voor alle gevare af te weer. Kom ek by my Moslimvriende dan eet hulle met gepunte vingers, in plaas van met mes-en-vurk. En wat van die Chinese met hulle lang stokkies.
Wat ek buitensporig lastig vind is die kritiek van sosialistiese gemeenskappe wat in trosse saamboer en kritiek teen die Weste uitdeel maar dan sommer oornag hulle vrotsige plakkershuisies op my drumpel kom opslaan. Hulle apartheid is imperialisties. Hulle wil ons deel van hulle aparte lewenswyse maak.
Ek woon 'n vergadering by en wat vind ek: daar is 'n ander spreker ook, naas myself. Hy is vurig teen kolonialisme aan't uitvare, maar wil die hele samelewing Afrikaniseer, deur "affirmative action", want ons moet saam met hulle apart wees van die Westerse samelewingsorde. Dieselfde meneer wat net bokkerôl tot Westerse tegnologiese innovasies 'n bydrae gemaak het of ooit sal maak, sit met 'n Duitse goueraambril op sy oë, dra Franse sydasse, loop met Italiaanse volstruisleerskoene en dan is daar die Spaanse attachétas. Om wie te beïndruk?
Ek is gatvol vir apartheid. Ek is keelvol vir die diktatuur van andersheid, van apartheid, wat sedert 1993 op ons afgedwing word. Ek is geen Afrikaan nie. Ek is Eurokaan. Dit is al beskawingsvlak wat ek wil erken, want ek is nie 'n ondersteuner van apartheid nie. Ek hou nie van treine wat nie werk nie, nie van boereplase wat oorgeneem word deur vreemdes en kakiebos nie, nie van erdvarkgate in teerpaaie nie, nie van taxibestuurders wat eerder met kruiwaens moes rondry nie, nie van diewe en moordenaars en verkragters nie. Daarom is my oproep aan alle afwykendes, andersoortiges, word soos ons en los die probleme van die wêreld op.
Kortom: ek is gatvol vir apartheid.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





