Vanuit ‘n Afrikanerperspektief het die politieke “gemors” in Suider-Afrika in die jare sestienhonderd momentum begin gee aan die subkontinent, soos ons hom vandag ken.
Swart volkere en gemeenskappe het vanaf die grootmeregebiede van Afrika in verskillende rigtings suid getrek en hulle gaan vestig in die beste reënvalgebiede – want Swartes was rondtrekkers wat van roofbou geleef het. Die ontdekkingsreisiger Mungo Park skryf uitgebreid oor hierdie plundery wat hy Kili en Tegria-oorloë op die kontinent noem.
In min of meer dieselfde tydvak het die Nederlanders ‘n landbouaanleg aan die Kaap vir sy skeepvaart aangelê. Aan die Kaap was daar geen georganiseerde land met ‘n sentrale regering wat binne vaste grense volgens geskrewe wette regeer het nie. Dit was niemandsland en ingevolge die internasionale reg van daardie tyd het die Nederlanders ‘n okkupasiereg verkry – ‘n vaste verblyfreg wat deur die vryburgerboere permanensie aan verleen is.
Die beperkte genepoel van die Nederlanders is spoedig aangevul deur die koms van die Franse Hugenote en ander mense wat die tirannie van Rooms-Katolieke oorheersing onvlug het. In die tydgleuf voor 1910 was die geskiedenis van die swartes gekenmerk deur inter-etniese oorloë. Hulle gemeenskapslewe was een van stamregering. Die militante Engelse imperialiste, wat die Kaap oorgeneem het en ‘n angliseringsbeleid onverbiddelik toegepas het, was die direkte oorsaak van die volksverskuiwing van die Afrikaners-in-wording na die binneland en waar die Boererepublieke tot stand gebring is. Weer hoofsaaklik op niemandsland in die Vrystaat en anderkant die Vaal. Die Afrikaners-in-wording het hulle permanent gevestig.
In die tydgleuf 1910 tot 1948 het die volksvernietigende gevolge van die Anglo-Boereoorlog en die groot depressie van die dertigerjare die Afrikaners van hulle plase beroof en het die verstedeliking (emigrasie) van die Afrikaner na die diamantvelde en myne en groeiende stede plaasgevind.
Baie swartes wat die tirannie van stamhoofde ontvlug het, het hulle toevlug begin neem na wit boere op plase.
Let dus op die verskil: rondtrekkende swart gemeenskappe en arbeiders teenoor vaste verblyfsoekende wit boere! Hierdie fase was een van immigrasie na SA en emigrasie vanaf die plase na die stede.
Na 1948 het die sug na Afrikanerselfbeskikking en Afrikanernasionalisme, wat in die eerste plek teen Engelse oorheersing opgewel het, geboorte gegee aan afsonderlike en parallelle selfbeskikking. Afsonderlik van die swartes en parallel aan die Engelse. Insgelyks het die Noord-Suid-probleem onder Afrikaners ‘n aanvang geneem. Die Noordelinge was die konserwatiewe vryheidsoekendes en die Suiderlinge die liberale Afrikaners. Die Swartes was die derde stand wat die negatiewe gevolge van klein-apartheid in wit gebiede moes trotseer, of anders emigreer na hulle gebiede (Zoeloeland, Transkei, ens.) van oorsprong. Opeenvolgende Afrikanerregerings het tevergeefs probeer om die roereier te skei en die deurmekaarblyery te ontstrengel.
Toe breek die brose sestigerjare aan. Saam met die internasionale politieke toneel van die opkomende kommuniste het die ontstamde swart leiers, wat die produk van uitlandse sendingskole was, hulle beheersingsdrang van Suid-Afrika geïnternasionaliseer. Verhoudinge tussen wit en swart is geradikaliseer. Disinformasie en liegstrategieë het die Afrikaners die onderdrukkers gemaak. Dit ten spyt het opeenvolgende Boere-regerings Suid-Afrika polities en ekonomies van die Engelse beheersingsdrang ontdaan. Suid-Afrika is toe ontwikkel as ‘n witbeheerde modelstaat met ‘n infrastruktuur wat geskrik het vir niks. Sy geldeenheid was internasionaal gereken. ‘n Spoorwegnetwerk is opgebou wat enig in soort in Afrika was. Die Suid-Afrika van Hendrik Verwoerd sal ongeëwenaar in die geskiedenis van SA bly.
Disinformasie en internasionalisasie van die sg. bevrydingstryd – wat eintlik roofbou was – het gelei tot die kapitulasie van die Nasionale Party van De Klerk en Meyer. Wat De Klerk en Meyer nie verstaan het nie, was dat die Swartes aan ‘n Afrikawerklikheid behoort - ‘n toestand van stagnasie, roofbou, uitbuiting, oorbevolking en van selfvernietigende seksuele genot – wat fundamenteel haaks staan op die Europese beskawing.
Na 1993 is alle ooreenkomste met die vorige wit bewindhebbers stelselmatig verbreek. Wat ‘n politieke kompromis moes wees, was gewoon ‘n swart oorname. ‘n Politieke sindroom van “ons-kan-beter” het posgevat en ‘n onverskrokke selfoorskatting het begin om die vrugte van ‘n Europese beskawing progressief oor te neem en stelselmatig te verafrikaneriseer en dus finansieel te vernietig. Die tradisionele stamgeoriënteerde swart samelewings moes opgaan in ‘n sosialistiese heilstaat, waar die staat moes sorg vanaf die wieg tot die graf.
Hierdie omwisseling van die wag het gepaard gegaan met ‘n nuwe emigrasie van die Afrikaner: sommige na Orania (wat maar nie na verwagting wou groei nie) en die massas na Britse gebiede (Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland, onder meer). Die nettoresultaat van politieke kapitulasie was politieke ontmagtiging, religieuse ontnugtering en genetiese verarming. Insgelyks het die bykans onmoontlike gebeur: meer as seshonderdduisend wit Afrikaners word geklassifiseer as arm en daar bestaan reeds ongeveer sewe-en-sewentig “slum”-blankegebiede in en om Pretoria (veel erger is as die armblankevraagstuk van die dertigerjare).
In die jaar tweeduisend en tien was die ontnugtering nie net beperk tot die wittes nie, maar ‘n klassestryd het in swart geledere ontplof: ‘n klein materialistiese minderheid swartes het hulleself oormatig verryk en die massas swartes is verder verarm en in ‘n moeras gegooi waaruit hulle nie kan ontsnap nie. Een van die eienskappe van ‘n falende staat is dat hy nie meer beheer het oor sy landsgrense nie en ook nie die veiligheid van die eiendom en lewens van sy burgers kan verseker nie. Die gevolg hiervan is die onbeheerde immigrasie van swartes uit die res van Afrika. Dit weer het die vlaag van xenofobie aangeblaas en die armoede van die hiergebore swartes dermate verhoog dat die uitsigloosheid erger is as wat gedink kon word.
Die vraag is, waarheen nou?
| < Vorige | Volgende > |
|---|





