In sy rubriek Wanneer gaan die Afrikaner koers kry? noem Dan Roodt beslis interessanthede wat verdere bespreking verdien. Ek dink nie mens
Dit is my mening dat die Afrikaner se gebrek aan politieke mobilisasie en die amper algehele onvermoë van Afrikanerleiers om hul volk se verbeelding aan te gryp baie meer kompleks as blote swak leierskap is. Die probleem hou eerder verband met die leierskap se wanbegrip van die oorsake rakende die gebrek aan politieke belangstelling deur Afrikaners.
Heelwat gewag is al gemaak van die konsep “wit skuld” en dat dit dan ‘n verlammende uitwerking op Afrikaners sou hê. Ek wil aanvoer dat “wit skuld” nog nooit by Afrikaners bestaan het nie; nie in die verlede nie en ook nie nou nie. Indien dit wel bestaan, is dit maar ‘n blote simptoom, ‘n blote oppervlakkige uitdrukking van ‘n dieperliggende probleem. Skuld is m.a.w. bloot ‘n manifestasie van ‘n baie sterker en onerkende emosie. Andersyds word “moedeloosheid” onder Afrikaners selfs meer dikwels as skuldgevoelens genoem, maar ook in hierdie geval is daar waarskynlik baie meer aan die werk as wat die oog
Weereens moet ek Dan Roodt krediet gee dat hy die een is wat die parallel tussen Kemptonpark en die Verdrag van Versailles getrek het. Soos die Duitsers is Afrikaners ná die gewraakte oorgawe akuut en chronies verneder. Hierdie is die sleutel vir ons huidige dilemma. Afrikaners word nie net gedurig bewus gemaak van die “verskriklike sonde” wat ons deur apartheid gepleeg het nie, maar veral deur Naspers word Afrikanerskap en enige vorm van Afrikaner politieke uitdrukking konstant as ‘n vorm van agterlikheid uitgebeeld. Vele Afrikaners neem dit ter harte. Die vernedering is niks anders as skaamte nie. Dit is die sleutel tot ons huidige problematiek en ek
In die skaamte-woede-siklus, raak die slagoffer/onderdrukte kwaad omdat hy gedurig beskaam word. Dit is hierdie woede wat tot Duitse nasionalisme in aanloop tot die tweede wêreldoorlog gelei het. Ongelukkig vir die Duitsers het die bevryding wat uit hul skaamte-woede-siklus gevolg het weer tot ‘n oorwinning teen hulle gelei, maar dit hoef nie vir ons te geld nie. Eintlik het Afrikaners sedert die vernedering van die Anglo-Boereoorlog reeds deur hierdie siklus gegaan en anders as die ná-eerstewêreldoorlogse Duitsers het ons reeds langdurig met sukses die botoon gevoer.
Kom ons kyk meer in diepte na skaamdinamika. Die deeglike studie van Thomas Scheff, Helen Block Lewis en Suzanne Retzinger wys vir ons dat skaamte op een van twee maniere manifesteer: hetsy bedekte skaamte, hetsy openlike skaamte. Bedekte skaamte lei tot woede. Dit is waar die skaamtelyer die skaamte ontken deur dit eerder te laat omsit in woede. Volgens die skaamteteoretici sal sulke woede weer tot oortreding lei wat weer ‘n nuwe vlaag skaamte sal meebring. Trots is die teenpool van skaamte en
Ek
Myns insiens lei die konstante beskaming waaraan Afrikaners blootgestel word, tans, tot openlike skaamte en in ons geval manifesteer openlike skaamte in verskeie gedragspatrone, waaronder die konstante soeke na versoening met die swart onderdrukker (sg “wit skuld”) tot en met algehele ontrekking van die politiek (sg. “moedeloosheid”). Ek glo die rede waarom die skaamte nooit in woede omsit, soos in ander historiese gevalle nie, is deels die gevolg daarvan dat alle vorme van Afrikanernasionalisme (wat opsigself die noodsaaklike voertuig vir woede is) as agterlik en “beskamingswaardig” voorgehou word. Tweedens word die opbou van woede, die stoom wat volksnasionalisme moet aanspoor, deur gesimuleerde groepsgebonde “konflikte” in die vorm van rugbywedstryde afgelaat.
Versoening met die oortreder (die swart regime)
Die werklikheid van skaamte is dat die lyer(s) (beide oortreder en slagoffer) na verlossing daarvan soek. Soos reeds gesê, lei dit onder Afrikaners, onder andere tot ontrekking van enige politieke uitdrukking. (Mens
Massabyeenkomste soos die saamtrekke na Angus Buchan se Mighty Men (die naam spreek ook tot skaamlyers) en rugbybyeenkomste bied wel ‘n geleentheid om op alternatiewe maniere trots te probeer herwin. Hierdie geleenthede skep ‘n gevoel van solidariteit en solidariteit herstel die sin van trots. Geen van hierdie geleenthede
Vir Afrikaners om van die 1994-vernedering en die gevolglike aanhoudende beskaming te ontsnap, sal ons die volle skaamte-woede-siklus moet loop en dan op ‘n kritieke oomblik in die woedefase strategies moet optree sodat daadwerklike politieke bevryding verkry
Die omvang van ons skaamte is so verreikend dat selfs ons leiers skaam is. Organisasies wat weier om by die bevrydingsideaal betrokke te raak getuig hiervan. Selfs die Vryheidsfront is besmet met hierdie kwaal, soos gesien
“Enkele dae gelede sê 'n prominente lid van die party, dr. Conrad Beyers, egter vir my dat die party eerder sy Afrikanersentriese leuse moet laat vaar en 'n party ‘vir alle konserwatiewe Suid-Afrikaners, ook swartes, moet word’. Hy is blykbaar skaam vir die ‘rassistiese beeld van die party’ as 'n beweging vir blanke Afrikaners. Beyers is 'n dosent aan die multikulturele Universiteit van Pretoria en in 'n gesprek met 'n Venda-student het hy ongemaklik begin voel om aan hom die Vryheidsfront Plus se beleid te verduidelik. Kennelik val "selfbeskikking vir Afrikaners in 'n eie geografiese gebied of volkstaat" net nie mooi op die oor van 'n Venda-student nie en daarom begin Beyers sterk aan die roeping van sy eie party te twyfel.”
Wanneer ons eie leierskap dus die gevangenes van skaamte is, is ons
Nêrens in Afrikanergeledere word die ideaal van bevryding juis so onbeskaamd verkondig as in PRAAG nie. Dit vertel vir ons geweldig baie van die ideologiese insig en ook die morele krag van Dan Roodt en diegene wat saam met hom werk. In ‘n volgende stuk sal ek meer hieroor sowel as die komende afsterwe van die VF+ skryf, maar laat ons nou eers fokus op Afrikanerbeskaming.
In een van die “demokratiese verkiesings” wat sedert 1994 gevoer is, het die DP ingetap op Afrikaners se begeerte om hul trots deur woede te herstel. Met die “Gatvol”-veldtog het die DP daarin geslaag om die Afrikanerkieser weg te rokkel van sy tradisionele partye. Die DP het die Afrikanerpsige beter verstaan as die “met die ANC versoenende” NP en VF. In Weimar-Duitsland het Adolf Hitler met massale sukses die Duitsers se begeerte om deur woede van skaamte te ontglip gebruik om ‘n politieke wending mee te bring. Die meer onlangse begrafnis van Eugène Terrreblanche het vir ons gewys dat Afrikaners meer as ryp is om deur woede gemobiliseer te word. En tog het ons ook gesien dat Afrikaners volwasse genoeg is om nie met daardie woede onverantwoordelik om te gaan nie. Dit was ‘n baie ordelike en effektiewe uitdrukking van volksnasionalisme.
Blote pogings om Afrikaners tot godsdienstige verootmoediging te roep, sal hulle teruglei tot die versoenende logika van ons geloof en dit sal weer lei tot vrugtelose pogings om met die swarte te versoen. Dit is waarmee Angus Buchan Afrikaners elke keer onskadelik stel. Rugbywedstryde is ‘n kragtige emosionele uitlaatklep, maar vir Afrikanerbevryding is dit skadelik. Die beweging wat Afrikaners uit sy huidige moeras van rigtingloosheid gaan lei, sal nie net Afrikanerselfbeskikking onbeskaamd verkondig nie, maar sal ook vreesloos Afrikanerwoede na die oppervlak probeer bring. Daardie woede sal dan soos op Ventersdorp verantwoordelik bestuur moet word, maar ook konstant lewendig gehou word. Hierdie organisasie sal die moed moet hê om binne die huidige “reënboognasie”-bestel ‘n hoogs kontroversiële en verdelende rol te speel. Dit sal emosionele manifestasies moet bied wat ten minste met die Mighty Men en rugby-uitlaatkleppe moet
Dus kan ten slotte gesê word dat deur die Afrikaner konstant in ‘n toestand van openlike skaamte te hou het die regime en die Afrikaanse pers die perfekte manier gevind om die Afrikanervolk uiteindelik tot sy verdwyning te beskaam. Die Mighty Men-fenomeen en georganiseerde sport, veral rugby, lei enige “ongewenste” woede en behoefte aan groepsolidariteit af. Die ET-begrafnis het vir ons gewys dat Afrikanerwoede reg is om verantwoordelik getap te word. Afrikanerleiers se eie skaamte maak dit vir hulle moeilik tot onmoontlik om Afrikaners tot die noodsaaklike woede aan te spoor. Verbeeldingryke leierskap wat nie bang is om die woede verantwoordelik aan te spoor nie en byeenkomste waar groepsolidariteit beleef
| Volgende > |
|---|





