praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Rubrieke Vlad du Plessis ANC wil Afrikanergemeenskappe uitwis

ANC wil Afrikanergemeenskappe uitwis

E-pos Afdruk PDF
Die beoogde swart buurt(e) midde in die ooste van Pretoria is niks anders as die beoogde demografiese sabotasie van ‘n oorheersend Afrikaner- stedelike area nie. Tans bedryf die ANC uitwissingspolitiek. Dit gaan hier om die uitwissing van enige Westerse (veral Afrikaanse) gemeenskapslewe en waardes in hierdie land. Die ANC het ‘n weersin daarin dat die hoofstad ‘n oorwegend Afrikanerstad is. Daarom is hierdie “TSDS” opgestel om die stad te verafrikaniseer en as’t ware (tipies in die swart tradisie) van die blanke te vervreem.

In die geheel beskou, bedryf die ANC volksmoord. Hierdie organisasie van boosdoeners laat ongebreidelde plaasaanvalle en stedelike huisaanvalle op ons toe. Dit verdryf die Afrikaner uit die ekonomie met sg. RA en SEB. Dit vernietig ons taal, skole en universiteite. Die jongste toevoeging tot die lys is nou om die bodem van ons bestaan, nl. ons gemeenskappe te vernietig, deur gedwonge integrasie. Die ANC-strategie voldoen aan al die internasionale vereistes van volksmoord en sy huidige strategie verteenwoordig ‘n oortreding van artikel 27 van die Internasionale verdrag oor burgerlike en politieke regte van 1966 wat lui:

“In daardie state waar etniese, godsdienstige en taalkundige minderhede bestaan, sal persone wat tot sulke minderhede behoort nie die reg ontsê word om in gemeenskap met ander lede van hul groep, hul eie kultuur te geniet nie, om hul eie godsdiens te bely en te beoefen nie, of om hul eie taal te gebruik nie.”

Daar is ook ‘n aanvaarde beginsel dat state nie meerderheidsbevolkings se getalle-oorwig mag gebruik om gebiede wat deur minderhede bewoon word te oorstroom nie.

Die ANC se stedelike strategie het niks te make met goeie bestuur, wetenskaplike stads- en streeksbeplanning, of die verligting van die swart behuisingsdilemma nie. Dit gaan egter wel om die volgende:

1.       Soos reeds genoem is dit ‘n frustrasie vir die Afro-fascistiese Xhosa-skurke (Mbeki en sy bende van ministers en raadgewers) en hul multi-etniese handlangers wat ONS land regeer dat ‘hul’ hoofstad deur Afrikaners bewoon word. Hulle wil nie ‘n wit Pretoria hê nie, maar wel ‘n swart Tshwane. Ten eerste is daar die poging om die stad te verswart. Hoewel ek hierdie logika reeds ‘n tyd gelede verduidelik het, net gou weer: Deurdat hulle swart  massanedersettings tussen die gegoede blanke areas wil plaas beoog hulle om die eiendomspryse van die blanke gebiede te laat daal. Sodoende verval die totale stedelike gebied dan geleidelik in ‘n slumgebied. Swartes neem dan die hele stedelike gebied oor en die blankes slaan op die vlug. Vir Pretorianers om oorhaastig hul huise a.g. hiervan te verkoop sou ‘n groot fout wees aangesien alle ander blanke areas vir dieselfde strategie geoormerk is. As ons hiervoor gaan wyk, gaan ons letterlik voortvlugtendes in ons eie land word.

2.       Die tweede oogmerk van die ANC-strategie gaan oor doodgewone politieke mag en posisie. Deur swart massabehuising tussen blanke areas te plaas kan hulle dan in elke wyk ‘n meerderheid behaal gedurende plaaslike verkiesings. Sodoende wil hulle dan veroorsaak dat daar nie een wit gesig op die metroraad is nie. Ten spyte van laasgenoemde sal ons egter steeds die mtroraad met ons belastings moet finansier.

3.       Laastens gaan dit om die verdere demoralisering en verdrywing van blankes en Afrikaners. Deur te begin met die Afrikaner se grootste vesting (Pretoria en voorstede) en later ander blanke areas, beoog hulle nie slegs die vernietiging van blanke/Afrikaner-gemeenskapslewe nie, maar ook die verdere vedrywing van blankes na die buiteland. Diegene wat nie kan emigreer nie sal dan mettertyd die keuse hê om deur die swart meerderheid geassimileer te word of in ‘misdaad’ om te kom. Ek beweer dat die kans vir lg. heelwat groter is aamgesien ek oortuig is dat Westerlinge nie assimileerbaar is met die swart kultuur nie. Nietemin, elke blanke word dan “getransformeer”, lewendig of dood…

Dat die verdrywing van die blanke die belastingbasis gaan vernietig, skeel die swart maghebbers geensins. Soos in die geval van Zimbabwe waar ‘n minister gesê het dat hulle (Zanu-PF) “eerder die ekonomie in duie sal laat stort as om die mag oor te gee” moet mens nie van Afrosentriese swartes rasionele beredenering verwag nie.

In ‘n gesprek op Litnet se Sênet oor dié kwessie is daar ‘n menigte argumente waarom die gedwonge integrasie van swart en wit gemeenskappe nie kan werk nie of dan kwansuis wel kan werk. Alle blanke Suid-Afrikaners weet egter al van verskynsels soos swart bure wat beeste en bokke slag, swartes wat kliphard skree-praat, blêrende musiek, verkragting, moord, roof, bemorsing, besoedeling, ens. Ek glo werklik dat die meerderheid blankes reeds oortuig is dat gedwonge integrasie ‘n katestrofe is. Die werkbaarheid van die eksperiment is dus nie waaroor die  debat moet handel nie, maar wel die voorkoming daarvan. Die onversoenbaarheid van die kulture binne dieselfde ruimte kan alleen tot pyn, lyding en agteruitgang lei. Ek dink alleen provokateurs van die regime en wit hippie struggle-“hasbeens” (soos Mad Max du Preez en Koos Ploert Kombuis) redeneer nog oor die Afrikaner as “Afrikaan”.

Dit kan nie werk nie, het nog nooit gewerk nie en sal ook in die toekoms beslis nooit werk nie. Punt!

Dit bring ons dan by die noodsaaklike vraag: “Wat nou?”

Hier is waar ons die streep in die sand sal moet trek. As ons toelaat dat Pretoria val, sal die res soos domino’s volg. Pretoria is die enigste haalbare Afrikanerstadstaat en daarom mag ons dit nie verloor nie. Ons is in hierdie verband so magtig of magteloos soos wat ons kies om te wees.

Persoonlik en strategies is ek teen geweld gekant. Ek glo dat ons ‘n Afrikaner-ministaat kan verkry sonder om een skoot te skiet. Ons kan die hele ANC-komplot tot stilstand bring d.m.v. ‘n goed georganiseerde belastingboikot, sowel as ander vreedsame aksies. Organisasies soos ABSA wat die sabotasieprojek wil help finansier sal ook geboikot moet word en weereens laat dit mens dink aan die noodsaaklikheid van ‘n Afrikanergemeenskapsbank.

Wanneer ons met sukses “Pretoria vir ons”-aksies geloods het, sal elke Afrikaner besef dat Pretoria die enigste veilige plek gaan wees om in te woon. Elkeen sal grond daar wil besit en die Pretoria-eiendomsmark gaan binnekort nog floreer onder Afrikaners. Ons sal in ‘n ineenstortende Nuwe Suid-Afrika  wel nog ‘n Afrikanerrepubliek in en om Pretoria sien verrys.

Die ANC se beoogde demografiese sabotasie van Pretoria (en ander blanke dorpe) dui net weereens aan hoe hierdie skurke die Afrikaner onderskat.  Die ANC het die Afrikaner nou in elke opsig met sy rug teen die muur. Die Afro-fasciste het ons uit die sakewêreld gedwing, weerhou ons van werksgeleenthede, laat moordbendes toe om ons in ons huise en tuine uit te moor, neem ons plase van ons weg, weerhou ons jeug van studie en sportgeleenthede, vernietig ons opvoedkundige instansies, verdring ons taal, basuin haatspraak teen ons uit en staan nou op die punt om ook ons buurtes te ruïneer. Dit alles doen hulle terwyl hulle ons terselfdertyd met uitmergelende belastings melk. Hoe ver kan ‘n volk gedruk word?  My gevoel is ons het nou die einde van die paadjie bereik en dat die tyd vir  werklike handeling (tog vreedsaam) aangebreek het.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: