Xingwana se agenda is ooglopend. Tog kan nie een van die landbou-unies dit raaksien nie. Of, eerder, wil hulle dit dalk nie verneem nie? Die sogenaamde minister het ‘n strategie wat effektief daarop gemik is om verhoudinge tussen die regering en die blanke landbougemeenskap te vernietig. Haar rede is waarskynlik dat wanneer die verhouding onherroeplik beskadig is, sy gaan aanvoer dat daar nie van haar verwag kan word om oor enige aspek van grondhervorming, plaasmoorde, haar gewraakte rassistiese uitsprake, of enige ander aspek van landbou met AgriSA en die TLU-SA te praat nie. Die feit dat veral AgriSA tot op hede uit hulle pad gegaan het (tot op die punt van kruiperigheid) om die regering se onredelike eise te akkommodeer, bewys duidelik dat die minister nie eens hulle oordrewe poging om die regime tevrede te stel, goed vind nie. Daar is basies niks wat die blanke landbousektor kan doen om die regime te bevredig nie, behalwe om van hul grond afstand te doen of instemmend vermoor te word nie.
Die sogenaamde minister se kat-en-muisspeletjies met georganiseerde landbou is ook ‘n duidelike aanduiding dat sy daarvan bewus is dat sy die hef in die hand het. Deur Xingwana voortdurend te vermaak met hul oorgretige poging om met haar te beraadslaag, is landbou eintlik besig om hul magteloosheid en desperaatheid te toon. Die boodskap wat die minister ontvang, is dat hulle geheel en al uitgelewer is aan die regime en dit misbruik sy tot haar volle revolusionêre voordeel.
- Lê ‘n klag, soos die Vrystaatse Landbou-unie, van haatspraak teen die misnister.
- Begin ‘n kommunikasieveldtog aan die publiek en die buiteland om die krisis te verduidelik.
- Te danke aan TLU-SA se goeie organisasie op gemeenskapsekuriteitsvlak, is daardie organisasie ideaal geposisioneer om die veiligheidskrisis in die blanke voorstede d.m.v. opleiding te help hanteer. TLU-SA kan die sleutelrol speel in die totstandkoming van ‘n burgerlike stedelike veiligheidsinisiatief. Hierdeur sal TLU-SA daarin slaag om sy invloed uit te brei en sy bedingingsposisie aansienlik te verbeter.
Die sogenaamde minister se kat-en-muisspeletjies met georganiseerde landbou is ook ‘n duidelike aanduiding dat sy daarvan bewus is dat sy die hef in die hand het. Deur Xingwana voortdurend te vermaak met hul oorgretige poging om met haar te beraadslaag, is landbou eintlik besig om hul magteloosheid en desperaatheid te toon. Die boodskap wat die minister ontvang, is dat hulle geheel en al uitgelewer is aan die regime en dit misbruik sy tot haar volle revolusionêre voordeel.
Xingwana se jongste beskuldiging teen georganiseerde landbou, is dat hulle haar of die regering nie erken nie. Voorwaar het landbou nou meer as genoeg rede om haar inderdaad te ignoreer en halt te roep sover dit gesprekke met die regime betref.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





