praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Rubrieke Vlad du Plessis Staak praatjies met sg. landbouminister

Staak praatjies met sg. landbouminister

E-pos Afdruk PDF
Weereens sit die sogenaamde minister van landbou ons boerderygemeenskap ore aan. Lulu Xingwana, soos sy heet, sou Maandag ‘n vergadering voer om die beskadigde verhouding tussen haar en TLU-SA en AgriSA te besleg. Dié het sy egter sonder opgawe van redes gekanselleer, maar wel gister met die twee landbou-unies vergader. Of liewer, sy het memoranda van hulle in ontvangs geneem en die grootste deel van haar ongegronde aantygings teen boere herhaal.

Xingwana se agenda is ooglopend. Tog kan nie een van die landbou-unies dit raaksien nie. Of, eerder, wil hulle dit dalk nie verneem nie? Die sogenaamde minister het ‘n strategie wat effektief daarop gemik is om verhoudinge tussen die regering en die blanke landbougemeenskap te vernietig. Haar rede is waarskynlik dat wanneer die verhouding onherroeplik beskadig is, sy gaan aanvoer dat daar  nie van haar verwag kan word  om oor enige aspek van grondhervorming, plaasmoorde, haar gewraakte rassistiese uitsprake, of enige ander aspek van landbou met AgriSA en die TLU-SA te praat nie. Die feit dat veral AgriSA tot op hede uit hulle pad gegaan het (tot op die punt van kruiperigheid) om die regering se onredelike eise te akkommodeer, bewys duidelik dat die minister nie eens hulle oordrewe poging om die regime tevrede te stel, goed vind nie. Daar is basies niks wat die blanke landbousektor kan doen om die regime te bevredig nie, behalwe om van hul grond afstand te doen of instemmend vermoor te word nie.

Die sogenaamde minister se  kat-en-muisspeletjies met georganiseerde landbou is ook ‘n duidelike aanduiding dat sy daarvan bewus is dat sy die hef in die hand het.  Deur Xingwana voortdurend te vermaak met hul oorgretige poging om met haar te beraadslaag, is landbou eintlik besig om hul magteloosheid en desperaatheid te toon. Die boodskap wat die minister ontvang, is dat hulle geheel en al uitgelewer is aan die regime en dit misbruik sy tot haar volle revolusionêre voordeel.

Georganiseerde landbou het nou genoeg rede om aan te voer dat daar ‘n dooiepunt tussen hulle en die minister bestaan en dat die minister geen bereidwilligheid toon om, te midde van ‘n krisis, deel te wees van ‘n oplossing nie. Dit is nou belangrik dat  ons mense in die landbou die saak tot ‘n volgende vlak eskaleer. Daar is wat my betref ten minste drie aksies wat hulle onmiddellik moet neem:
  1. Lê ‘n klag, soos die Vrystaatse Landbou-unie, van haatspraak teen die misnister.
  2. Begin ‘n kommunikasieveldtog aan die publiek en die buiteland om die krisis te verduidelik.
  3. Te danke aan  TLU-SA se goeie organisasie op gemeenskapsekuriteitsvlak, is daardie organisasie ideaal geposisioneer om die veiligheidskrisis in die blanke voorstede d.m.v. opleiding te help hanteer. TLU-SA kan die sleutelrol speel in die totstandkoming van ‘n burgerlike stedelike veiligheidsinisiatief.  Hierdeur sal TLU-SA daarin slaag om sy invloed uit te brei en sy bedingingsposisie aansienlik te verbeter.
Xingwana se jongste beskuldiging teen georganiseerde landbou, is dat hulle haar of die regering nie erken nie. Voorwaar het landbou nou meer as genoeg rede om haar inderdaad te ignoreer en halt te roep sover dit gesprekke met die regime betref.

Die sogenaamde minister se  kat-en-muisspeletjies met georganiseerde landbou is ook ‘n duidelike aanduiding dat sy daarvan bewus is dat sy die hef in die hand het.  Deur Xingwana voortdurend te vermaak met hul oorgretige poging om met haar te beraadslaag, is landbou eintlik besig om hul magteloosheid en desperaatheid te toon. Die boodskap wat die minister ontvang, is dat hulle geheel en al uitgelewer is aan die regime en dit misbruik sy tot haar volle revolusionêre voordeel.

Xingwana se jongste beskuldiging teen georganiseerde landbou, is dat hulle haar of die regering nie erken nie. Voorwaar het landbou nou meer as genoeg rede om haar inderdaad te ignoreer en halt te roep sover dit gesprekke met die regime betref.

blog comments powered by Disqus

Verwante artikels: