| Zuma-Mbeki-tweestryd kan tot konflik lei |
|
|
|
| Geskryf deur Vlad du Plessis | |||
| Maandag, 26 November 2007 09:05 | |||
|
’n Paar maande gelede het ek in ’n vorige rubriek beloof om drie toekomstige scenario’s vir Suid Afrika se onmiddellike toekoms uit te lê. Ek is geen toekomskundige nie en die volgende is bloot wat bekend staan as ’n ‘scenario’. Daar is geen versekering dat hierdie scenario sal uitspeel nie, maar gegewe die analise dink ek wel dat dit ’n waarskynlike verloop van ons onmiddellike toekoms binne die volgende twee jaar mag aandui. Nóg Zuma nóg Mbeki gaan as verloorder die uitslag van die ANC presidentsverkiesing aanvaar. Selfs al aanvaar die verloorder die uitslag binne die eerste dag of twee, glo ek dat hy nie lank gaan terughou om die uitslag as „gekook“ te bestempel nie. Hulle is albei tipiese Afrika- ‚Groot Man’-leiers; Mbeki met sy pseudo-intellektuele beeld en Zuma op sy man-van-die-mense- („100% Zuluboy”-)manier. Om die waarheid te sê, kan die een nie bekostig dat die ander wen nie. Behalwe dat Zuma deur ’n magsbeheptheid (in Afrikatradisie) aangespoor word, sien hy homself as die regmatige en natuurlike opvolger as ANC- en landspresident. Boonop is ’n oorwinning in die ANC-verkiesing die enigste manier hoe hy kan verseker dat hy uit die tronk bly. As president van die ANC sal hy genoeg invloed hê om die hofsaak teen hom te laat sloer en as hy eers president van die land word sal hy die saak op despotiese wyse tersyde laat stel. Meer as sy politieke oorlewing, maar ook sy persoonlike vryheid, hang daarvan af dat hy president van die ANC word. Aan die ander kant is daar Mbeki wat met ander kwessies sit. Hoewel Mbeki sielkundig (en kultureel) die samestelling van ’n tipiese Afrika-despoot soos Mugabe het, het hy dit nog nie tot volle uitdrukking gebring nie. Tot en met die skorsing van Vusi Pikoli, waardeur hy die grondwet geïgnoreer het, het hy nog nie werklik as absolute despoot opgetree nie. Hy het nog nooit nodig gehad om so te handel nie, want tot op hede het die geweldige ANC-magsbasis hom van al die mag voorsien wat hy mog benodig. Soos wat Zuma se gewildheid toeneem, kom Mbeki se bod vir ’n derde termyn as ANC-leier onder bedreiging. Mbeki kan ten alle koste nie toelaat dat Zuma ANC-president word nie. Ten eerste ly Mbeki aan ’n enorme minderwaardigheidskompleks, waarvoor sy pyprokende, pseudo-intellektuele, internasionale staatsmanbeeld as masker dien. Vir enige Afrikaleier is daar klaarblyklik enorme vernedering daarin om hetsy demokraties, hetsy ondemokraties van die troon verwyder te word. Met Mbeki se persoonlikheid sal hy eerder die Mugabe-roete volg as om die enorme vernedering van ’n neerlaag te hanteer, veral deur ’n persoon wat intussen sy aartsvyand geraak het. Behalwe Mbeki se sielkunige samestelling is daar ook sy „prestasies“ wat alles ’n refleksie van sy behoefte is om as versiende, intellektuele en internasionale leier gesien te word. Organisasies soos Nepad, AU, PAP en ander beskou hy soos die goue medaljes wat deur ’n prima atleet uitgestal word. Indien Zuma oorneem, verloor Mbeki dus nie net sy mag ter plaatse nie maar ook sy invloed oor bg. inisiatiewe. In so ’n geval gaan Zuma beslis Mbeki se „suksesse“ vir homself opeien en alle mislukkings aan Mbeki (en apartheid) toeskryf. Maar Mbeki se dilemma strek veel verder, heelwat verder. Zuma het ’n persoonlike vete teen Mbeki. In Zuma se ervaring volg Mbeki, veral d.m.v. sy apparatsjieks, ’n totale komplot teen hom, waarin hy al erge ontberinge moes verduur. Ongeag of al die hofsake teen hom legitiem, moreel en wettig is, of sy afsetting as Adjunk-President van die land die regte ding was, is hy totaal verneder. Vir ’n tradisionalis soos hy is iemand van sy statuur verhewe bo die reëls. Dus is al hierdie aksies teen hom niks minder as “vuilspel” deur Mbeki nie. Zuma haat dus nie net vir Mbeki oor wat reeds aan hom gedoen is nie, maar hy vrees ook dit wat Mbeki nog gaan aanvang solank hy oor mag beskik. Benewens die haat weens wat reeds gebeur het, is daar dus ook vrees en suspisie. Sou Zuma daarin slaag om die verkiesing te wen, gaan hy vir seker nie vir Mbeki met rus laat nie. Zuma is ’n tradisionalis wat oor ’n baie lae opvoedingsvlak beskik en wat eng tradisionele Zuluwaardes aanhang. Die man het immers etlike vroue en talle kinders. Ook sy openbare optredes getuig van Bantoetradisies. Heel waarskynlik vorm dit nie deel van sy verwysingsraamwerk om met ’n oorwonne Mbeki blad te skud en te sê “laat ons die verlede vergeet” nie. Sy psigiese motivering, sy vertoon aan sy volgelinge en sy bevestiging as “Groot Man” vereis dat hy sy vernedering wreek. In die enge Afrika- tradisionele sin sal ’n leier maar papperig oorkom nadat hy so deur die modder gesleep en boonop amper van sy vryheid ontneem is en dit dan net daar laat. So seker as wat Thabo Mbeki die president van ’n Afrikastaat is, net so seker is die feit dat hy homself reeds in korrupsie verdiep het. Wanneer Zuma president word, gaan hy beslis al Mbeki se geraamtes uit die kas grawe. Met die verkiesing van Zuma as ANC-president gaan sy houding teen Mbeki deur nog ’n baie belangrike faktor bepaal word wat nie te make het met sy tradisionele waardes of psige nie. Daar is nog twee jaar tot die volgende algemene verkiesing. Dit wil sê terwyl Zuma dan president van die ANC is, is Mbeki president van die land. Twee jaar van ”oorvleueling” of “kohabitasie” soos die Franse dit noem; die situasie gaan onhoudbaar raak. In sy uiters invloedryke posisie as president van die ANC sal Zuma dit maksimaal moet benut om Mbeki te neutraliseer. Die teenoorgestelde geld ook. Wanneer Zuma uiteindelik oorneem as president van die RSA eindig die vete nog nie. Dan sal hy uit sy pad gaan om elke struktuur en persoon wat Mbeki goedgesind was en nog mog wees, polities te neutraliseer. Maar, om dit te vergemaklik sal hy ten eerste die finaal onttroonde Mbeki van alle statuur, invloed en aansien stroop. Beide Zuma en Mbeki het dus werklik rede om mekaar nie net te haat nie, maar ook om mekaar intens te vrees. Indien Mbeki ’n derde termyn as President van die ANC kon behaal, sou hy een van sy lojaliste as sy opvolger in die Uniegebou kon aanstel. Daardie persoon, iemand soos Phumzile Mlambo-Nguka, sou hy dan vanuit Luthuli-huis kon beheer. Hy sou kon sorg dat die NV Zuma agter tralies kry en hy sal in vrede, met die Zuma-faktor uitgewis, sy pyp kan rook. Sou Zuma ná die Pietersburgkongres die ANC-presidentskap verkry, dan waai Thabo se pyprokend-rustig-agteroor-op-die-leuenstoel-met-rooi-telefoon-na-die-Uniegebou-droom, soos ’n wasige tabakwalm by die venster uit. Dit is my mening en ek mag verkeerd wees, dat hy nie die uitslag in so ’n geval gaan aanvaar nie. Hy gaan beweer die uitslag is gekook en dan gaan hy outokraties beheer oor die ANC en die land oorneem. Hiervoor gaan hy veral sy lojaliste, soos die Selebi’s wat hom baie skuld, in die veiligheidsmagte gebruik. In so ’n geval gaan Zuma se gewildheid met rasse skrede vermeerder. ’n Populêre opwelling is dan onvermydelik. Die veiligheidsmagte gaan nie die situasie kan afdwing soos in die Zimbabwe-geval nie. Die wiggies wat „100% Zulu Boy“ nou reeds in die etniese krake van die groter beweging geplaas het, sal dan met mening ingedryf word. Die ANC as politieke entiteit sal aan skerwe spat en die samewlewing van die RSA gaan gewelddadig oopbars. Selfs die veiligheidsmagte sal na alle waarskynlik na gelang van etniese affiliasies opbreek. Die totale ANC-staat sal summier in duie stort en chaos sal heers. Die blankes sal onvermydelik hierby ingesleep word. Selfs al sou ons aanvanklik as toeskouers op die rand probeer bly, is die kanse goed dat elemente binne die strydende faksies sou hoop dat, deur die klem na ons, die paaiboelie, te verskuif, dit die ANC en swart beweging in die algemeen weer sou verenig. Indien dit sou gebeur, sal ons nie ongedeerd daarvan afkom nie, maar die chaos sal te groot wees vir so ’n poging om swart eenheid, om nie eens te praat van swart hegemonie nie, te herstel. In hierdie situasie sal iemand wat oor die organisatoriese middele en vermoë beskik om die magsvakuum te gryp en orde te herstel, na vore moet tree. Maar, soos ek dit reeds gestel het, hierdie is slegs ’n analise van ’n moontlike scenario. Om te weet wat werklik vir ons voorle, sal ons maar moet wag en sien.
|
|||
| Laas Opdateer op Maandag, 26 November 2007 21:40 |
| Verwante artikels: |
|---|
|





