praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Rubrieke Vlad du Plessis Vlae skep grense

Vlae skep grense

E-pos Afdruk PDF
Image

Van kindsbeen af was ek gaande oor vlae. Veral Europese en Noord-Amerikaanse vlae. (Ek moet tog byvoeg dat die Kanadese vlag vir my baie mooier as die Amerikaanse vlag is.) Ek het nooit van enige Afrika-vlae gehou nie; die kleure was net eenvoudig te dof, net soos die mense wat hierdie donker kontinent bewoon.

Oor die ou Republieksvlag, wat eers die Unievlag was, het ek gemengde gevoelens gehad. As kind het ek nie die ideologiese afskuwelikheid van die Union Jack daarop begryp nie. Ek is nie ideologies grootgemaak nie, dus sou dit by my verbygaan. Nogtans het ek altyd gevoel dat die Union Jack die hele vlag se balans opvoeter. Eerstens is die blou in die klein Union Jack nie dieselfde as die blou op die basisvlag (Prinsevlag) se onderste baan en dus ook nie dieselfde blou as wat op die klein Vierkleur of die kleiner ‚Prinsevlag’ op die OVS-vlaggie is nie. Verder bestaan die basisvlag (Prinsevlag) sowel as die Vrystaatse vlag en Vierkleur uit horisontale en vertikale lyne. Dit vorm ʼn estetiese konsolidasie. Die Union Jack met sy diagonale lyne het weereens hierdie konsolidasie verbreek. Vir my het die Union Jack altyd gelyk soos ʼn septiese oog op ʼn andersins baie mooi vlag. My liefde vir die ou vlag was dus my lojalitiet teen die ou republiek en nie soseer die vlag met die seer oog nie.

Met my besoeke aan Europa het ek opgelet hoe trots daardie volke op hul vlae is. Wat my veral deesdae opval, is hoe daardie trotste van trotse nasies, die Amerikaners, by amper elke huis hul vlag vertoon.

Meer onlangs het die vlagverskynsel by provinsiale rugbywedstryde my aan die dink gesit. Die trots en fier waarmee ondersteuners hul onderskeie spanne se vlae vanuit motorkarre en op pawiljoene laat wapper het weereens vir my gewys dat ons mense ʼn besonderse liefde vir hierdie kategorie van simbole, nl. vlae, koester.

Vlae kom reeds in vroeë samelewings en van regoor die wêreld voor. Strydvlae, territoriale vlae, vorstevlae, familievlae, nasionale vlae en nog baie meer is alles deel van die geskiedenis van die vlag as identiteitsimbool. Ek sou sê dat ʼn eie vlag kultureel deel is van mens- en nasiewees. ʼn Nasie sonder ʼn vlag is soos ʼn mens sonder ʼn gesig.

Met die ANC se „Y-front“-vlag het alle trotse Afrikaners belangstelling in die idee van ʼn Suid-Afrkaanse vlag verloor. Dit is waarskynlik ook reg so want Suid Afrika as ʼn politieke eenheid is net so onvanpas as die  Y-front”.

Nogtans is daar binne ons trotse en behoudende Afrikanergeledere ʼn gewoel met die strewe na ʼn Afrikanervlag. Dit is natuurlik blymoedig. Die pogings wissel vanaf die obskure Brawoland-vlag tot die AWB-besoedelde Vierkleur, tot die mees erkenbare Prinsevlag. Daar is natuurlik ook ʼn hele rits ander obskure aanpasings op hierdie vlae. Mees onlangs het ʼn onafhanklike vlagkomitee ʼn baie interessante vlag geloods waar die Union Jack bloot  verwyder is van die ou Republieksvlag en die gaping is toegewerk met die vlag van die Kaapse Rebelle. Klink vir my na ʼn baie pragmatiese poging en, wie weet, dalk is dit uiteindelik die vlag wat alle Afrikaners simbolies gaan saamsnoer? Dit is natuurlik as die vlagkomitee nie so ʼn aktiewe poging aanwend om die vlag vir die publiek weg te steek nie. Ek verstaan nie die doel van ʼn vlag wat niemand mag sien nie. In weerwil van die vlagkomitee se suksesvolle verberging van ʼn simbool wat andersins veronderstel is om aan ʼn paal te wapper vir die wêreld om te sien, het ek onlangs (elders op hierdie webwerf, nadat ek met PowerPoint en Paint rondgespeel het, die vlag gereproduseer en geplaas).

Intussen is ek heeltemaal tevrede met die Prinsevlag. Dit is ongetwyfeld esteties die sterkste van alle Afrikanervlae en het ook die meeste strategiese waarde (less gerus Prinsevlag is ʼn wapen!)

Maar nou laat die hele Afrikanervlagstrewe my ook kop krap oor ʼn ander saak. Almal woel rondom vlae, maar waar is die vlae? Is ʼn vlag nie ʼn ding wat veronderstel is om aan ʼn paal te hang nie? Iets vir die wêreld om te sien nie? ʼn Sterk en kleurvolle simbool wat se: „Dit is wie ons is, hierdie plek is ons s’n!“ In vorige gesprekke op die ou Praagforum het dit aan die lig gekom dat heelwat deelnemers „bang“ is hulle word deur swartes geviktimiseer en daarom wil hulle nie Afrikanervlae by hul huise vertoon nie. Sies! Papbroeke! Ek vermoed dat deel van die probleem is dat hulle skaam is om voor hul bure en liberale vriende hul volksidentiteit op te eis. Pateties!

Wel, ek is nie iemand wat deur ʼn Bantoe, Essa of ander lamsakkige liberaal geïntimideer word nie. Inteendeel, as intimidasie moet plaasvind, sal ek die een wees om dit te doen. En, dit is presies wat ek gedoen het. Ek het my pragtige Prinsevlag geneem en ʼn stewige kort vlagpaal aan die straatkant teen my huis aangebring. Die oranje-blanje-blou wapper elke met trots en fier tot amper binne in die straat en omdat ek weier om dit ooit af te haal, skyn ʼn lig snags daarop.

Die Bantoes, wat al ewig straat op en af drentel, loop nou nie meer op die sypaadjie aan my kant nie. Hulle hou maar aan die ander kant van die vlag... Maar behalwe dat ek duidelik ʼn hele paar Bantoes gewys het dat hier ʼn Boer met mening bly, merk ek ook op, die kere as ek straat se kant toe stap, hoe die blanke motoriste uit verbasing amper die pad byster raak... mooi!

Gegewe hoe die sg. „black diamonds“ ons buurtes indring, weet ons wat volg. Oormore trek oupa en ouma ook in. Dan volg die werklose broers en susters en al hul buite-egtelike kinders. Dan begin die vrinne saamdrom, die ghetto-blasters kom uit, die kaste en kaste quarts, die gehoer en rumoer, uiteindelik die bees wat geslag word en in die vroeë oggend, ʼn paar messteke later, mag dit dalk stiller raak. Dit is waarheen ons buurtes op pad is.

Die simbole wat in ʼn streek vertoon word sê iets oor die mense wat daar woon. Dit dui op hul ideologiese oriëntasie, waarvan hulle hou en nie hou nie. Dit is ook ʼn manier om te sê: hierdie is óns plek. As jy nie hier hoort nie, gee pad of ten minste voel onwelkom. Die grootste bevrediging is natuurlik as ek laat middae van die werk af kom. Die pragtige kleure van die Prinsevlag begroet my en ek is oortrek met hoendervleis. Die Oranje-blanje-blou sê vir my: „Hierdie is joune, jy is deel van ʼn trotse volk.“

Soos alle „black diamonds“ gaan Mnr. Xolela (ʼn fiktiewe karakter), wat deur een of ander groot maatskappy toegegooi is met geld, byvoordele en ʼn luukse Mercedes, vir seker sy nuwe status afrond deur na ʼn wit woonbuurt te verhuis.  Stel jou egter voor as meneer Xolela een Sondag besluit om bietjie woonbuurte, argumentsonthalwe in Pretoria, te besigtig. In hul pragtige blinkswart Mercedes ry die Xolela-„gesin“. Mnr en mev Xolela het op ʼn padatlas ʼn buurt geïdentifiseer. Op die agtersitplek sit hul vier kinders (Zodwa, Sandile, Thabo en Thembu). Zodwa (7) en Sandile (6) is mev. Xolela se buite-egtelikes. Zodwa se pa is mev. Xolela se vorige kêrel, maar sy weet nie wie Sandile se pa is nie. Die derde spruit is die kleine Thabo (4) en hy is mnr. Xolela se buite-egtelike kind by sy houvrou. Mnr Xolela is egter nie seker of hyself werklik die pa is nie. Die vierde en jongste is die kleine Thembu (3) en is mnr en mev Xolela se eie kind... Thembu het egter geen van sy vader se gelaatstrekke nie en die gesiggie trek baie sterk op die bure se agtienjarige seun wat tans te C-Max woonagtig is.

Sodra die Xolela’s die woonbuurt van hul keuse, wat op die padkaart geëien is, bereik, word hulle begroet deur huise en vlagpale wat lustig wapper met Prinsevlae, Vierkleure, OVS-vlae, Ou Republieksvlag (en dalk die vlagkomitee se nuwe Afrikanervlag as hulle intussen besluit het dat die geheim nou uit is en dat dit nie meer help om dit te weg te steek nie). Mnr Xolela gooi net daar ankers en die MB se ABS-remme spring met Duitse presisie (‚n gevolg wat mnr Xolela met onbegrypbare verbasing begroet) in werking. ʼn Spoedige ommeswaai en die Xolela’s bevind hulle 40 minute later terug in Soweto. Nadat hulle menige heftige woorde oor die gesig wat hul in die Pretoriase woonbuurt begroet het, geuiter het, besluit die Xolela’s dat Soweto net die plek vir hulle is.

Simbole en vernaam vlae maak ʼn baie sterk stelling. Dit bevestig nie net jou eie trots en selfvertroue nie, maar dit wys ook aan die onwelkomes dat hier ʼn kulturele en sigbare grens loop.  As indringer weet jy dat, as jy daardie grens nie respekteer nie, dinge dalk net vir jou baie moeilik kan raak...

Kom mense! Gaan hys daardie vlae!


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: