praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Rubrieke Vlad du Plessis Bantoe-bewind moet onmiddellik eindig!

Bantoe-bewind moet onmiddellik eindig!

E-pos Afdruk PDF

Beide Anton Barnard en Gustav Venter se mees onlangse bydraes tot hierdie webkoerant het my weereens laat besin oor die ondraaglike situasie waarin ons verkeer. Terwyl Barnard die swarte se onvermoë om te beplan korrek opsom, is ek bevrees dat Venter se verklaring van die Afrikaners se sportbeswyming en ons gevolglike gebrek aan aksie ook enorme waarheid inhou.

Geruime tyd al verlekker ek my in sportkwotas en die Bantoe-burokratisering van ons sport. Dit het by my die hoop laat ontstaan dat die dopamienbeswyming waarvan Venter skryf ten einde sou loop. Nogtans merk ek op hoeveel Afrikaners geskok is wanneer ek  die hoop uitspreek dat  die Springbokke hierdie en daardie wedstryde verloor. Miskien moet dit nog slegter gaan en miskien moet al die spelers swart wees... Maar kan ons nog meer foltering verduur? Wil ons?

Teen hierdie agtergrond kon ek met ’n redelike gevoel van tevredenheid aan myself erken dat daar gelukkig darem heelwat Afrikaners is wat so siek en sat vir die NSA is dat geen hoeveelheid kitsch silwer bekers hulle hoop vir die toekoms van die  NSA sou gee nie. My gevoel is dat behalwe vir die anomalie van Naspers se personeel en die malste van die sportfanatici die meeste Afrikaners nou werklik keelvol is. Nogtans word byna geen teenstand gebied nie...

Die situasie in die land is tans so erg dat ek meermale voel asof ek in ’n tipe omgedraaide werklikheid leef waar nog net die wette van die natuur wag om ook omgekeer te word.  Moorde, verkragtings, aanrandings Afrikaner-verguising, die instroming van honderde duisende onwettiges per maand (200 duisend? 300 duisend? Hoeveel?!), blanke ekonomiese ontmagtiging, riool in drinkwater, konstante kragonderbrekings, wydverspreide korrupsie, dreigende plaasonteinings, uitbarstende plakkerskampe, verkrotting van ons middestede, astronomiese belastings wat geen voordeel vir die betalers inhou nie, verregaande arbeidswetgewing en vele meer is alles deel van die absurditeit van die ANC-orde.

As mens mooi daaroor dink het die hele situasie die blote werklikheid van ’n ANC-regering opsigself ’n absurditeit gemaak. Die idee van hierdie regime oor ons mense het nou so geklik geraak dat dit vergelykbaar is met ’n malhuis waar die sielsiekes die psigiatriese personeel bestuur in stede van andersom. Dit is pandemonium... Of dalk sou die beskrywing van ’n barbaarse kriminele regering oor ’n Westerse minderheid volstaan. Hierdie selfde absurditeit  het onder Zanu PF gelei tot die totale vernietiging van die eens florerende Rhodesië/Zimbabwe. Indien ons met hierdie kennis nie die huidige toestand in ons land probeer omkeer nie, maak ons onself sekerlik skuldig aan ’n vorm van immoraliteit.

’n Tipiese voorbeeld van hierdie soort absurditeit (waarvan daar nimmereindige voorbeelde is) is die Departement van „Korrektiewe“ Dienste wat R35 000 per dag aan restaurant-uitgawes bestee! Die mees onlangse geval, wat die diefstal van welsynsgeld deur 21 000 welsynsamptenare behels, bewys onteenseglik die huidige bestel se korrupte en kriminele aard. (U het reg gelees: dit die getal is 21 000!) Hierdie situasie getuig van totale disfunksionaliteit in die huidige staatsbestuur. Vanaf die polisiehoof tot die laagste welsynsamptenaar bedryf misdaad op die rekening van die oorwegend blanke belastingbetaler.

Vir praktiese doeleindes is die ANC-staat die grootste misdaadsindikaat in die land. Terwyl amper elke amptenaar (wat meesal swart is) gedurig staatsgelde vir persoonlike verryking probeer aanwend, staan ons magteloos om van hierdie regime by die stembus ontslae te raak. Die diktatuur van die Afrika-meerderheid is absoluut en d.m.v. staatkundige prosesse staan ons magteloos jeens hierdie oorheersing. Nogtans word daar aan ons voorgehou dat ons in ’n demokrasie leef. Hier bestaan geen demokrasie nie! Hierdie is ’n rassebestel van swart oorheersing. In die afwesigheid van die demokrasie en ’n verantwoordelike staat het Afrikaners geen plig om gehoorsaam aan hierdie staat te wees nie.         

Onvermydelik moet ek myself afvra waarom ons langer hierdie absurditeit duld. Miskien is dit omdat ons aan die wanpersepsie ly dat hulle mag oor ons uitoefen. Goed, ek erken daar is ’n beperkte mate van mag, maar selfs dit is grotendeels ’n situasie wat deur ons geskep word. Ja, dit is waar. Deurdat ons hulle foutiewelik as magtig waarneem, is ons onderdanig. Die werklikheid is egter dat hul ‚mag’ slegs waargenome mag is wat herhaaldelik deur die media aan ons as werklike mag uitgebeeld word. Ons word gebreinspoel.

Die enigste blankes wat uit hierdie regime voordeel trek, is groot besigheid en ook hierdie vyande sal tydens ’n Afrikanerrewolusie geëlimineer moet word. Die ANC het ons met behulp van groot besigheid en staatsmedia sielkundig gekoloniseer. As ons daardie sielkundige juk sou afgooi is die ANC-regime in groot moeilikheid.

Binne die huidige politiek korrekte kultuur is ons mense gans te verlam om enigsins te mobiliseer. Om die beperkinge van hierdie toestand te verbreek, het ons ’n krisis nodig. Alleen ’n nasionale krisis (waar oorlewing die sentrale kwessie is) sal daarin slaag om die kettings van politieke korrektheid te breek. Wanneer ons van daardie gevangenis ontglip, sal ons die sielkundige beweegruimte hê om die regime op elke denkbare gebied die stryd aan te sê.

Ek glo dat die regime reeds vir ons die aanvoorwerk vir so ’n krisis in veral die landbousektor gedoen het. Deur te dreig om ons boere te onteien het die boere die morele reg om hul tot alle middele te wend om hul posisie te verdedig.

Soos ek reeds voorheen aangevoer het, sal mobilisering nie vanuit die geledere van die stedelike Afrikaner kom nie. Daarvoor is lg. heeltemal te gedemoraliseer. Die Boere verteenwoordig die adel van ons volk, die mense met die morele ruggraat om standpunt in te neem. Waarop die Boere wel kan vertrou, is dat indien hul tot aksie sou oorgaan die oorgrote meerderheid stedelike Afrikaners daadeur geïnspireer sou word en hul op verskeie wyses sal ondersteun.

Sodoende sal die ideologiese beweegruimte geskep word om die regime se beheer oor ons te vernietig. Die sielkundige houvas van die ANC sal gebreek word. Die juk van sielkundige kolonisering deur die regime moet afgegooi word. Die huidige absurditeit waarin ons leef mag nie langer voortduur nie. Die ANC het die speelveld nou so gemanipuleer dat ons algehele ekonomiese, kulturele en waarskynlik biologiese uitwissing in die gesig staar. Hierdie ondraaglike situasie moet onmiddellik verander word en ons alleen kan dit bewerkstellig.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: