praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Rubrieke Gustav Venter Pretoria is ons Thermoypylae, Masada of Alamo

Pretoria is ons Thermoypylae, Masada of Alamo

E-pos Afdruk PDF
Image
10:41:10 Hoede af en 'n erkentlike kopknik gerig aan die Vryheidsfront Plus se Willie Spies, 'n skrander man, duidelik van inbors, koel onder vuur en met 'n Westerse vertroue in logika, feite, statistieke en redelikheid. 'n Week of wat terug, het hy die Afrikaner se saak deeglik, kalm en beslis verdedig op Freek Robinson se "Fokus"-program. Daar, om die Bantoe se aanslag op die Afrikaner se kultuurgoedere in die vorm van Pretoria se naam te verdedig, was 'n klein, donker, skuiweroogswartmannetjie met die naam van Console Tleane (ja dit klink vir my ook soos 'n stukkie ergonomiese meublement in 'n Koreaanse middelklasmotor).

Spies het die debat met 'n seemyl op punte gewen - en geen hond haaraf gemaak nie.

Dit is tyd dat ons die aard van die gesprek verander. Ons moet ophou om vir Bantoes te verduidelik hoekom ons reg en hulle onredelik is. Dit is tyd dat ons ophou om vir hulle te sê wat aanvaarbaar is binne die raamwerk van die grondwet wat húlle opgetrek het. Dis tyd om vir hulle te sê wat ons sal toelaat en wat ons nooit, ooit - binne, buite of wydsbeen oor die grondwet - sal duld nie.

Vir hulle is die naamsverandering 'n blote rondpouery, 'n demonstrasie dat hulle kán. Die Afrikaner het 'n baie groter reg wat betrek word in die twis: Die reg op oorlewing. Afrikaners wat vir behoud van die naam swoeg, maak hulleself nie met 'n blote etiketoefening moeg nie, roei nie bloot teen die Shakesperiaanse "wat is in 'n naam"-stroom op nie, maar stry vir die daadwerklike voortbestaan van die volk.

'n Volk word geanker aan die vasmeerpunte van sy kultuur. Die naam van 'n stad wat sentraal staan in die Afrikaner se ontstaan, oorlewing en welvaart, is 'n vername element in sy voortbestaan. Verweer hierdie ankertoue, of word hulle goedsmoeds geknip, verloor die volk aanraking met sy identiteit en nasionale wese. Hy dryf weg - of, meer toepaslik in die stralerera - hy sweef weg Perth of Auckland of Toronto toe.

Die eenvoudige waarheid is: As Pretoria se naam van ons vervreem word, gaan die Afrikanervolk verdwyn.

Dis hier waar ons die streep op die grond trek. Die suksesvolle generaal is een wat die terrein van die naderende veldslag kies. Laat Pretoria dit vir ons wees. Laat ons die vyande van die volk hier trotseer, stuit en verdryf. Ons het hier die kans om te versamel, op die voorvoet te kom en die onheiliges uitmekaar te dryf.

Pretoria is ons laaste slagstelling. Dis ons Masada, ons Thermopylae, ons Alamo.

By Thermopylae het 'n handjievol ontembare Spartane honderde duisende Persiërs lank genoeg gestuit om die Westerse beskawing te red. By Masada het rateltaai Joodse opstandelinge hulle verset teen Romeinse onderdrukking. By die Alamo was 'n beleërde groepie Texane die doring wat uitgesweer het in die vlees van Meksikaanse ekspansionisme en dit uiteindelik algeheel verteer het.

Maar die Spartane is verslaan by Thermopylae, die Joodse selote het massaselfmoord gepleeg op die hoogte van Masada en die Texas-helde is verdelg in die vesting van die Alamo.

Maar ons - ons sal die Slag van Pretoria nie verloor nie.

Want ons mág nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: