praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Woensdag, 10. Maart 2010

Bygewerk op:02:57:57 PM GMT

Jy is hier: Rubrieke Anton Barnard Wat is die ware feite oor ZA Sucks se webmeester?
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS
Aantal kere gelees: 2048

Wat is die ware feite oor ZA Sucks se webmeester?

E-pos Afdruk PDF

Ek het Donderdag reeds, toe gerugte oor die inhegtenisname van die webmeester van ZA Sucks begin verskyn het, my bedenkinge gehad oor die hele storie en geskryf dat daar 'n slang in die gras is in reaksie op die eerste berigte oor die saak.

Die berig wat op ZA Sucks verskyn het rakende sy webmeester, Uhuru Guru of UG, beweer dat 28 blanke polisielede sy deur afgebreek het en sy huis deursoek het. Wat ek onmiddellik vreemd gevind het, was beide die aantal polisielede en die onverwante eenhede waaraan hulle behoort het - motordiefstal, kubermisdaad ensovoorts. So 'n oormag roep beelde van 'n misdaadbende wat Glenn Agliotti en sy trawante s'n ewenaar by mens op, maar dit gaan klaarblyklik oor 'n 19 jaar oue (of is dit 16 jaar oud?) saak en die verdagte is een indiwidu wat verdink word van 'n nie-gewelddadige oortreding. Iets klop nie. Waarom soveel polisielede vir een klopjag, as gewelddadige teenstand nie verwag word nie? Bedrog of diefstal is voorts nie sulke ernstige misdade, gemeet aan moorde of Agliotti-hulle se soort georganiseerde misdaad nie.

Miskien is dit inderdaad skoktaktieke ontwerp om bloggers te intimideer, of andersins ken ons nie die volle feitestel nie.

UG is toe na die Lindense polisiestasie geneem. Volgens die berig op ZA Sucks is hy nie na die hof geneem nie, en het die polisie alles in die boek probeer om 'n hofverskyning en borgtog te dwarsboom, en hom gedwing om in die selle te slaap. Hy het volgens die berig nie in die hof verskyn nie, maar volgens 'n berig in Beeld het hy egter wel in die Randburgse landdroshof verskyn en is die saak uitgestel. Watter een van die twee weergawes kan mens nou glo?

Voorts beweer die berig op ZA Sucks dat die saak 19 jaar oud is en handel oor gesteelde goedere wat iemand anders op UG se perseel versteek het (die klag sou dus diefstal wees). Volgens Beeld se berig gaan dit egter oor bedrog, nie diefstal nie, 'n klag wat uit 1993 spruit, dus 16 jaar gelede. Watter weergawe is die korrekte een?

Verstaan goed: ek is geen bewonderaar van Naspers met sy Broedereienaars en napraters van Jonathan Jansen en kie nie. Dit sou ook skokkend wees indien UG wel geteiken is bloot omdat hy dinge skryf waarvan die regime nie hou nie. Dit sou afdoende bewys wees van die regime se poging tot gedagtebeheer, maar die twee stories weerspreek mekaar in verskeie belangrike besonderhede. Uitgesluit die aanvanklike bewerings wat op ZA Sucks gemaak is, swyg die werf sedertdien soos die graf oor die ganse aangeleentheid. UG beweer dat sy regsverteenwoordiger hom aangeraai het om stil te bly.

Om dit in platvloerse Afrikaans te stel: sou Beeld se bewerings waar wees, het dit die potensiaal om werwe en indiwidue wat oor 'n wesentlike probleem, swart-op-wit misdaad, skryf, se name ernstig gat te maak. Wat 100% gewaarborg is om te gebeur, is dat die opponente gaan volhou dat diegene wat so oor swart misdaad kla, self 'n paar geraamtes in die kas het en dus nie ernstig opgeneem kan word nie. Beeld het alreeds vertrek op 'n propagandaveldtog en rojaal van die geleentheid gebruik gemaak om regses by te kom in die berig oor UG. Die boodskap in Beeld se berig is duidelik: julle regses wat so oor misdaad skree, is self skuldig.

ZA Sucks behoort na my mening spoedig 'n amptelike verklaring te publiseer wat die teenstrydighede met Beeld se berig aanspreek en opklaar. Indien daar wel iets is om oor te bieg, en ek weet nie of dit die geval is nie, wil ek voorstel ZA Sucks neem Joost van der Westhuizen se ervarings in ag, en maak so spoedig moontlik so.




Verwante artikels:


KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS