Privaatheidsbeleid
Moderne tegnologie en kommunikasie speel ‘n fundamentele rol in die aktiwiteite van PRAAG.
Hierdie dokument som ons privaatheidsbeleid op en dit dek die webwerf, http://www.praag.org, asook die geselsforum op daardie webwerf.
PRAAG se primêre aktiwiteite sluit die volgende in:
Bevordering van Afrikaans
Kulturele outonomieDie besonderhede van PRAAG (soos vereis deur die EKT-wet) is soos volg:
| Naam van Organisasie |
|
| Adres |
|
| Stad |
|
| Land |
|
| Verantwoordelike Persoon |
|
| Tipe Organisasie |
|
| Land van Inlywing |
|
| Datum van Inlywing |
|
| Geregistreerde Kantoor |
|
| BTW-nommer |
|
|
|
|
Anonieme Toegang
Toegang tot die webwerf is anoniem en items op die werf kan besigtig word sonder dat enige persoonlike data verskaf hoef te word.
Dienste en skakels op die webwerf
Die werf en meer spesifiek die forum stel die gebruiker in staat om met ander gebruikers te kommunikeer en om bydraes tot die werf te maak wat deur ander gebruikers besigtig kan word. Wanneer dit gedoen word, mag gebruikers wel daardie data vergaar sonder PRAAG se tussenkoms.
Ons webwerf bevat ‘n aantal skakels na derde partye se webwerwe waarvan ons nie die akkuraatheid waarborg nie. Ons verskaf ook geen persoonlike inligting van enige gebruikers aan daardie webwerwe of hul eienaars nie. Ons is ook nie in assosiasie met enige van daardie werwe nie tensy uitdruklik so gemeld.
Outomatiese stoor of berg van inligting
Ons stoor geen persoonlike data outomaties nie.
Verder koppel ons geen inligting of persoonlike data outomaties aan spesifieke individue nie.
Ons gebruik nie koekies (cookies) om persoonlike data te stoor nie en koppel ook geen nie-persoonlike data soos gestoor in koekies aan spesifieke individue nie.
Databerging
Ons berg en vergader persoonlike data slegs waar dit deur die gebruiker vrywillig gelewer is vir die gebruik van ons diens en webwerf.
Ons versamel geen inligting van ons gebruikers uit ander bronne soos openbare rekords van openbare liggame of private organisasies nie.
Die inligting wat ons versamel en die doel vir die berging daarvan word in Tabel 1 hieronder gelys.
Ons berg en samel persoonlike data in vir die doel van lidmaatskap tot PRAAG, vir bydraers tot die gespreksforum en om op nuusbriewe in te teken.
Sou ons persoonlike data vir enige ander doel versamel en gebruik gee ons die gebruiker die opsie om aan te dui of hy/sy daarmee saamstem al dan nie.
Minderjariges se privaatheid
Ons versamel en stoor geen data van minderjariges nie. Indien daar wel sulke data in ons besit is, is dit totaal en al sonder ons kennis.
Indien enige party bewys het dat daar wel sulke data in ons besit is, sal ons dit onverwyld verwyder as ons nie die minderjarige se ouer/voog se toestemming daarvoor kan inwin nie.
Daar is geen opsie op die werf om jou ouderdom aan te dui nie en geen materiaal op die blad is van ‘n obskure aard nie. Indien ‘n item materiaal bevat wat na ons mening ongeskik sal wees vir minderjariges, sal dit as sulks aangedui word.
Blootlegging
Ons sal geen persoonlike data wat ons hou aan enige party blootlê nie. Dit sal slegs gedoen word met die persoon se uitdruklike toestemming of wanneer ‘n hofbevel tot daardie effek ons verplig.
Vertroulikheid en sekuriteit
Daar is geen opsie aan gebruikers om die webwerf in ‘n sekure omgewing te besoek nie (SSL) of om hul besonderhede te verskaf nie.
* Ons het ‘n sekuriteitsbeleid, -reëls en tegniese maatreëls om alle persoonlike data in ons besit te beskerm teen:
- ongemagtigde toegang
- ongemagtigde gebruik en blootlegging
- onregmatige verwoesting of verliese
Almal betrokke by die gebruik, stoor en aanwending van die data is bewus van die riglyne en is verplig om dit vertroulik te hanteer.
Geen persoonlike data sal aan enige staatsdepartement bekend gemaak word sonder ‘n hofbevel wat ons daartoe verplig nie.
Toegang tot inligting wat ons van jou het
Jy kan ons kontak deur óf ‘n e-pos te stuur óf deur ons webwerf te besoek:
E-pos: inlig@praag.org
Bronadres: Kontak ons
om te versoek dat ons aan jou bekend maak watter persoonlike data ons van jou het.
By ontvangs deur hetsy e-pos of deur die webwerf sal ons aan jou bekend maak oor watter data ons van jou beskik.
Ons kan egter vereis dat jy jou identiteit bewys.
Die inligting sal gratis aan jou verskaf word.
Jy kan enige van die data wat ons het beveg en waar van toepassing versoek dat ons dit:
- wysig
- regstel
Ons behou nie die reg voor om te weier dat jy aansoek doen om ‘n bewys van data wat ons van jou het nie, maar ons kan wel vereis dat jy jou identiteit bewys.
Privaatheidnakoming
Hierdie beleid is in ooreenstemming met wat in die volgende wetgewing vereis word:
Promotion of Access to Information Act [No. 2 of 2000]
Electronic Communications and Transactions Act [No. 25 of 2002]
*Die EKT-wet vereis egter net ‘n vrywillige nakoming........
Kontak
Indien jy enige vrae en kommentaar het aangaande die beleid kontak ons:
|
|
|
| Naam : | Webmeester |
| Departement : | Webspan |
| Adres : | Johannesburg |
| Telefoonnommer : |
|
| Faksnommer : |
|
| E-posadres : | albertus@praag.org |
| Bronadres: | www.praag.org |
Ons versoek jou om e-pos te gebruik indien jy met ons kontak wil maak. Enige e-pos
sal binne 24 uur beantwoord word.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





