praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:03:20:40 PM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika VN neem kennis van PRAAG-betogings teen volksmoord

VN neem kennis van PRAAG-betogings teen volksmoord

E-pos Afdruk PDF
Lindley-betoging

Op 'n koue, reënrige dag in die Vrystaat het 'n groep PRAAG-betogers vandag voor die landdroshof in Lindley betoog waar die ses verdagtes in die grusame Potgieter-moordsaak in die distrik aansoek om borg
gedoen het. Borg is geweier.

Dt was PRAAG se derde anti-volksmoordbetoging binne drie dae. Die voriges het op Koster en Rustenburg plaasgevind. Die leier van die organisasie, dr. Dan Roodt, het gesê: “Suid-Afrika beleef tans 'n lae-intensiteitvolksmoord waarvan die grusame moord op die Potgieter-gesin 'n tekenende voorbeeld is. Daar is tans verskeie klagtes by die Internasionale Geregshof teen die ANC-bewind en van sy leiers wat hulle reeds jare lank aan aanhitsing tot volksmoord skuldig maak. Voovalle soos dié op Lindley is regstreeks of onregstreeks aan hierdie aanhitsing te wyte.”

Roodt het insgelyks verwys na die onlangse vonnis van 15 jaar tronkstraf wat aan die Rwandese popsanger Simon Bikindi opgelê is omdat hy hom in sy liedjies en konsertoptredes aan aanhitsing tot volksmoord skuldig gemaak het. “Dit is hoog tyd dat Malema en ander wat geweld teen Afrikaners en blankes haat aanblaas kragtens die internasionale reg vervolg word.”

Weens die gebruik van 'n banier met die foto van Ban Ki-moon, het PRAAG verneem dat die Verenigde Nasies reeds op die hoogste vlak van die huidige betogings in Suid-Afrika kennis geneem het. Dr. Francis Deng, die VN se Spesiale Raadgewer vir die Voorkoming van Volksmoord monitor Suid-Afrika persoonlik, terwyl 'n ondersoekspan gemoeid met volksmoord die land vroeg aanstaande jaar sal besoek.

PRAAG sit sy veldtog teen volksmoord en geweld voort. Dr. Roodt sal ook môre in sy Geloftedagtoespraak te Greenlands by Koppies in die Vrystaat na die oënskynlike willoosheid van die Afrikanervolk in die aangesig van geweld 172 jaar ná Bloedrivier verwys. Die tema van sy feesrede is: “Die gelofte en ons vrye wil."


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: