Tien mense is verlede week in gewelddadige betogings in die gebied dood.
Oor die naweek het SMS-boodskappe deur die stad versprei om Mosambiekers aan te moedig om Maandag weer die strate in te vaar.
Die polisie het die middestad gepatrolleer, terwyl vragmotors nog polisiebeamptes na omliggende gebiede, waar die ergste geweld verlede week uitgebreek het, aangery het.
"Ons het nie enige voorvalle oor die naweek gehad nie, maar daar is gerugte dat mense Maandag weer met betogings gaan begin," het Arnaldo Chefo, 'n woordvoerder van die Maputo-polisie gesê.
"Ons het nou al ons magte op die grondvlak ontplooi om die situasie so gou as moontlik onder beheer te kan kry. In dié stadium is daar egter geen teken dat betogings weer gaan opvlam nie," het Chefo gesê.
Verlede Woensdag het betogings in Maputo uitgebreek. Mense het die paaie met brandende bande versper uit protes teen hoë brandstof- en kospryse.
Dié betogings na die verskeie dorpe in sentrale gedeeltes van die land versprei. Sowat 450 mense is tydens gewelddadige gevegte met polisie beseer en 159 mense in hegtenis geneem.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





