praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:05:30:08 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Man in hof oor Bees Roux se kredietkaart

Man in hof oor Bees Roux se kredietkaart

E-pos Afdruk PDF

'n Man sou vanooggend in die Pretoriase landdroshof verskyn in verband met die diefstal van die Blou Bulpeler Bees Roux se kredietkaart, het die polisie gesê.

"Hy is Vrydagaand om 5:45 in hegtenis geneem," sê Brigadier Mahlomola Manganye, van die Sunnyside-polisiekantoor in Pretoria, Gauteng.

"Dit is nie in verband met die moord nie, maar in verband met die kredietkaart. Hy is die beskuldigde wat die kredietkaart gebruik het," het Manganye aan die Suid-Afrikaanse Persassosiasie gesê.

"Hy sal na verwagting vanoggend [Maandag] in die hof verskyn."

Manganye wou nie enige besonderhede gee oor hoe die man opgespoor is nie, en het gesê: "Ons het 'n paar leidrade gevolg... [maar] ons ondersoek nog."

Roux het verlede Maandag in die Pretoriase distrikshof verskyn en is borgtog van R100 000 toegestaan nadat hy na bewering 'n metro-polisieman  op 27 Augustus doodgeslaan het.

Stephanus Jacobus "Bees" Roux het die naweek in die tronk deurgebring ná die moord op die metropolisiebeampte Ntshimane Johannes Mogale (38).

Tydens sy eerste hofverskyning, het dit geblyk dat Roux se kredietkaart by 'n McDonald gebruik is toe hy glo in aanhouding was.

Mogale se liggaam is Vrydag om 03:00 in Schoemanstraat, Pretoria, met hoofbeserings gevind. Hy het na wat berig word Roux vroeër vir vermoedelike dronkbestuur van die pad afgetrek.

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: