Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price, sê hulle sal nog drie jaar lank voortgaan met hul rasgedrewe toelatingsbeleid tot die mediese fakulteit.
Hy het op die kampus gepraat tydens 'n debat oor die universiteitsbeleid.
In die stadium moet wit studente minstens 80% vir geletterdheid en wiskunde hê om toelating te kry, terwyl swart studente 50% moet hê.
Price sê indien daar maniere gevind kan word om voornemende studente te evalueer op grond van geleenthede wat hulle tydens hul skoolloopbaan gehad het, kan daar weggedoen word met ras as maatstaf.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





