Stephanus Jacobus "Bees" Roux het die naweek in die tronk deurgebring nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is ná die moord op die Pretoriase metropolisiebeampte Ntshimane Johannes Mogale, 38.
Hy is van plan om onskuldig te pleit op aanklagte van moord en bestuur onder die invloed van alkohol, het die hof gehoor. Die saak is tot 15 Oktober uitgestel.
In 'n grys trui het Roux in die beskuldigdebank gaan staan met sy hande in vuiste gebal.
Die hofsaal was volgepak met swart metropolisiebeamptes van Pretoria, waarvan sommige op die vloer moes sit.
Terwyl Roux se verdedigingspan gevra het om borgtog van R5 000 en die staat vir R20 000 as gevolg van die aard van die misdaad, het landdros Desmond Nair dit op R100 000 vasgestel.
Vermoë en fondse
In die vasstelling van die bedrag, het Nair gesê dat die hof nie die feit kan ignoreer dat die beskuldigde oor die hulpbronne en die fondse beskik om na die buiteland te reis en dat hy dit in die verlede gedoen het nie.
Volgens 'n beëdigde verklaring van Roux, het voorheen hy na Ierland, Frankryk en Australië gereis om rugby te speel. Hy het ook 'n bankrekening in Frankryk met €5 000 aangesien hy daar vir drie maande in 2008 gespeel het.
Sy jaarlikse inkomste is ongeveer R850 000.
"Ek het geen voorneme om die lewe van 'n vlugteling te leef nie," het Roux aan landdros Desmond Nair ter ondersteuning van sy borgaansoek gesê.
Die prokureur vir die verdediging Rudi Krause het die hof meegedeel dat Roux oor geen vorige veroordelings beskik nie en nie 'n vlugrisiko is nie.
Nair het egter daarop gewys dat Roux beskuldig word van 'n Bylae-Ses-misdryf en nie Bylae Vyf nie, want 'n geregsbeampte was daarby betrokke. Volgens Bylae Ses van die Strafproseswet kan daar slegs borgtog aan 'n beskuldigde toegestaan word indien hy toon dat "buitengewone omstandighede" bestaan om dit te regverdig.
Krause het aangevoer dat hierdie omstandighede die feit is dat die staat die borgaansoek aanvanklik nie teengestaan het nie, en dat die inhoud van Roux se eerste verklaring nie bevraagteken word nie.
Borgtog is betaal en Roux is gister vrygestel.
Kredietkaart gebruik
Intussen het dit na vore gekom dat Roux se kredietkaart Maandag gebruik is by 'n McDonald-kitskoswinkel op die tyd wat hy veronderstel was om in aanhouding te gewees het.
Roux is Vrydag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem. Mogale se lyk is in Schoemanstraat, Pretoria, met kopbeserings teen 03:00 Vrydag gevind. Hy het vroeër berig dat hy Roux vir verdagte dronkbestuur laat aftrek het.
Die ondersoekbeampte Patrick Mafanel het getuig dat die omstandighede rondom die voorval nog onduidelik is, berig Beeld.
"Ons weet Mohale was aan diens saam met twee kollegas en dat hulle Roux laat aftrek het op die hoek van Schoeman- en Festivalstrate vir dronkbestuur," sê Mafanel in 'n berig op News24.
"Mohale het sy kollegas vertel hy gaan Roux se motor huis te bestuur, want Roux was dronk.
"Maar ons weet nie hoekom sy kollegas nie agter hulle aangery, of die aanranding gesien het nie."
Onbeantwoorde vrae
Die verdediging het aangevoer dat daar nog baie onbeantwoorde vrae bestaan. Dit sluit in waarom Mohale se kollegas nie vir hom en Roux gevolg het nie, waarom Roux nie vir dronkbestuur gearresteer is nie en waarom Mohale in die teenoorgestelde rigting van die naaste polisiestasies (Brooklyn en Sunnyside) in die rigting van Roux se huis in Equestria, in die ooste van Pretoria, gery het, volgens die verslag.
Mafanel het ook getuig dat Mohale se twee kollegas nie verklarings afgelê het nie omdat hulle nie gesien het wat gebeur het nie.
Nair het hierdie omstandighede as "vreemd" in sy borgtoguitspraak beskryf.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





